Institute for Plant Biotechnology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Voornemende Studente

 

HOE OM VIR 'N NAGRAADSE GRAAD IN PLANTBIOTEGNOLOGIE IN TE SKRYF

Agtergrond

Maak seker dat jy belangstel in die dinge wat ons doen en of jy bereid is om hard te werk! Die besonderhede van die honneursprogram verskyn op ons webblad. Raadpleeg asb. ook die res van ons webtuiste vir meer algemene inligting oor ons navorsings‑ en akademiese programme.

Personeel van die Instituut vir Plantbiotegnologie (IPB) bied die BScHons-program (Plantbiotegnologie) aan. Die IPB se akademiese tuiste is die Departement Genetika, en die graad word deur die Fakulteit Natuurwetenskappe toegeken.

 

Toelatingsvereistes

BScHons (Plantbiotegnologie) 

'n BSc‑graad wat deur die departementele Nagraadse en Akademiese Komitee goedgekeur is, met 'n gemiddelde punt van minstens 60% vir die betrokke module op derdejaarsvlak, word vereis. Gepaste modules is onder andere (maar nie uitsluitlik nie) Biotegnologie, Biochemie, Genetika en Mikrobiologie. Bykomende werk kan voorgeskryf word na gelang van 'n student se agtergrondkennis.

 

MSc/PhD

'n BScHons‑ of MSc‑graad in Plantbiotegnologie, Biochemie, Plantkunde, Chemie, Genetika, Mikrobiologie of enige ander verwante dissipline word vereis.

 

Aansoeke

Aansoeke moet amptelik via die fakulteitskantoor ingedien word. Maak asb. kontak met die fakulteitsbeampte vir Natuurwetenskappe, mnr Bevin Abels, vir meer inligting oor die administratiewe vereistes vir aansoeke: besoek Administrasiegebou A, Lokaal A2027, stuur e-pos aan bpa@sun.ac.za of skakel +27 21 808 4832.

 

Die aansoekvorms en besonderhede is ook op die Fakulteit Natuurwetenskappe se webtuiste beskikbaar by: http://science.sun.ac.za/index.php?alias=sprogrammes&calias=sprogrammes 04&lang=afr.

 

Vul asb. die IPB se interne aansoekvorm in en e-pos dit aan me Pauliane Davidse (pauliane@sun.ac.za). 

 

Algemene sake

Die honneursprogram begin gewoonlik tydens die laaste week van Januarie en eindig dan in November.

MSc‑ of PhD‑studie kan enige tyd van die jaar begin.

Die IPB is nie daarvoor verantwoordelik om enige persoonlike sake soos akkommodasie te reël nie, hoewel me Pauliane Davidse sal help waar moontlik.

Behalwe enige beurse wat 'n student self kan bekom, stel die IPB 'n beperkte aantal beurse aan aangewese studente beskikbaar. Meer inligting oor beurse is beskikbaar by: http://web-apps.sun.ac.za/beurse/Ebeursframes_all.html  of by: http://www.sun.ac.za/english/faculty/science/for-students/for-postgraduate-students.

Raadpleeg ook die gids You can also consult the NRF Scholarships and Fellowships Programme in hierdie verband.

 

Maak gerus kontak met me Pauliane Davidse (pauliane@sun.ac.za) of enige akademiese personeellid vir meer besonderhede oor 'n spesifieke projek wil of met enige ander vrae.