Institute for Plant Biotechnology
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Abiotiese Strestoleransie

Hoof Navorsers: Dr Paul Hills, Prof Jens Kossmann,

Dr Shaun Peters and Dr Christell van der Vyver

 

 

Abiotiese strestoleransie in plante word deur ingewikkelde sisteme gereguleer. By die IPB probeer ons 'n begrip van hierdie sisteme vorm ten einde plante te manipuleer vir verhoogde droogtetoleransie, spesifiek deur middel van voorwaartse en omgekeerde genetika. Werk word hoofsaaklik op eensaadlobbige spesies soos suikerriet en koring uitgevoer, maar betrek ook modelsisteme soos Arabidopsis en herlewingsplante. Hierdie soort navorsing is veral belangrik in lande soos Suid‑Afrika waar presipitasievlakke onvoorspelbaar is en boerdery in droë streke bedryf word.