Food Safety
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Personeellede

ProfGouws.jpg

Prof Pieter Gouws

Professor in voedselmikrobiologie aan die Departement Voedselwetenskap, Universiteit Stellenbosch en adjunkdekaan - onderrig en leer aan die Fakulteit AgriWetenskappe

Sy huidige navorsingsbelangstellings fokus op nuwe en innoverende toepassings vir die opsporing en beheer van ongewenste bakterieë in voedsel, verbetering van voedselveiligheid en voedselgehalte, nuwe prosesseringstegnologieë en antibiotika-weerstandigheid van voedselgedraagde bakterieë. Hy is die skrywer van verskillende wetenskaplike artikels en lei voor- en nagraadse studente op die gebied van voedselveiligheid op. Hy was ook 'n instrumentele rolspeler in die stigting van die Sentrum vir Voedselveiligheid aan die Universiteit Stellenbosch.

GSigge.jpg

Prof Gunnar Sigge

Mede-Professor en Hoof van die Departement van Voedselwetenskap, Universiteit Stellenbosch

Sy navorsing fokus op afvalwaterbehandeling van voedselverwerkingsfasiliteite, volhoubare watergebruik in die voedselbedryf, die voedselveiligheidsaspekte wat met water en verwerking verband hou, en alternatiewe ontsmettingstelsels vir water.​


DR.png

Dr Diane Rip

Dosent aan die Departement van Voedselwetenskap, Universiteit Stellenbosch 


MKrugel.jpg

 Dr Maricel Krü​gel

Dosent aan die Departement van Voedselwetenskap, Universiteit Stellenbosch 

Sy is die koördineerder van 'n dinamiese en interessante module, Proefontwerp en Produkontwikkeling. Sy is 'n groot voorstander van samewerking en haar navorsingsbelangstellings sluit in nuwe produkontwikkeling, voedselveiligheid en verwerking van plaas tot verbruiker.


PW.jpg

​Dr Paul Williams

Dosent aan die Departement van Voedselwetenskap, Universiteit Stellenbosch