Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Missie

Ons missie is om veekundiges van uitnemendheid op te lei om aan die navorsings-, voorligting-  en ontwikkelingsbehoeftes van Suid-Afrika te voldoen, ten einde die kwaliteit van lewe van al sy inwoners te verbeter. Ons streef daarna om uitnemendheid in voorgraadse en nagraadse Veekundige opleiding te handhaaf. Die Departement werk pro-aktief saam met ons onderskeie bedryfsvennote en verwante diereproduksie gemeenskappe om die implementering van ons navorsingsbevindinge, met ʼn "Navorsing tot Praktyk" benadering, te verseker.

 
Voorpunt-navorsing stel ons in staat om toekomstige Veekundiges op te lei wat betekenisvol sal bydra tot volhoubare diereproduksie binne die bestaande beperkings van dierewelsyn, voedselsekuriteit en aardsverwarming. Deur middel van ons voorgraadse en nagraadse programme, sowel as ons gemeenskapsinteraksie aktiwiteite, is ons daartoe verbind om die volhoubare benutting van dier- en landbouhulpbronne te verseker.