Animal Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Diereteling

Diereteling navorsing fokus op die ontwikkeling van toepaslike genetiese parameters en die ontwikkeling van nuwe seleksie indekse of die verbetering van bestaande seleksie indekse om sodoende te verseker dat seleksie in die nasionale kommersiële dierebevolking sal bydra tot verhoogde en optimale diereproduksie. Navorsing word ook gedoen op die evaluering van die plaasdier genetika met behulp van funksionele genomika, wat die gebruik van tradisionele kwantitatiewe genetika hulpmiddels en molekulêr gebaseerde tegnieke om die genetiese kode van plaasdier spesies te verstaan, behels. Die belangrikste spesies wat geëvalueer word sluit varke, hoenders, volstruise en beeste in. Die genomika navorsing poog om die genetiese diversiteit van die betrokke spesies met behulp van molekulêre tegnieke in suidelike Afrika te bepaal, met ʼn gevolglike bepaling van die verwantskap met die fenotipiese kenmerke van die eienskap wat voor selekteer word. Die gegenreerde navorsing word dan gebruik om te kyk vir kwantitatiewe eienskap loci (QTLs) wat van ekonomiese belang vir die onderskeie bedrywe kan wees. Hierdie navorsing word gedoen in samewerking met die Landbounavorsingsraad (LNR), Wes-Kaapse Departement van Landbou en die Universiteit van die Wes-Kaap.