Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Studentegelde Rekening

​​​

​Geregistreerde studente

 

Beurse

ʼn Skriftelike afskrif op die briefhoof van die befondser wat die bedrag aandui wat toegeken is, moet voor registrasie per epos na jbs@sun.ac.za  gestuur word. Laat 3 – 5 dae verwerkingstyd toe om die studentekaart na registrasie vir die akademiese jaar te aktiveer.

 

Verpligte eerste paaiement

Studente moet die verpligte eerste paaiement van studiegeld voor registrasie ten volle betaal. Laat 3 – 5 dae verwerkingstyd toe om die studentekaart na registrasie vir die spesifieke akademiese jaar te aktiveer.

Aansoekvorms vir uitstelreëlings van die verpligte eerste paaiement kan in Januarie van die betrokke akademiese jaar by Afdeling Studentegelde verkry word indien alle uitstaande studie- en inwoningsgeld van die vorige studiejaar ten volle vereffen is.

Beurshouers wat skriftelike bewys van die beurs wat toegeken isvir die betrokke jaar per epos na jbs@sun.ac.za gestuur het, hoef nie die verpligte eerste paaiement met registrasie te betaal nie. Indien die totale beursbedrag minder is as die eerste verpligte paaiement, moet die student self die verskil teen die datum van registrasie inbetaal.

Studente wat slegs vir enkele modules registreer en die totale studiegeld minder is as die verpligte eerste paaiement, is die volle studiegeld teen die datum van registrasie betaalbaar.

 

Betalings

Aanlyn kredietkaartbetalings kan by die volgende webadres gedoen word:
http://t2000-05.sun.ac.za/app-adf-view-student-bucket-parent/faces/login.jspx

Krediet- of debietkaartbetalings kan by die kassiere gedurende kantoorure gedoen word. Kredietkaartvorms vir handtransaksies kan by Afdeling Studentegelde verkry word.

 

Bankbesonderhede

Bankbesonderhede is beskikbaar by die volgende webadres:
http://www.sun.ac.za/english/maties/Documents/Banking%20details%20Bankbesonderhede.pdf

 

Studentegelderekeninge sluit 15 Augustus

Na 15 Augustus kan die kwota slegs met ʼn inbetaling by die kassiere aangevul word of met ʼn elektroniese kredietkaartbetaling. Indien die bedrag betaalbaar vir die kwota wat gekies is teen die einde van die akademiese jaar nie uigeput is nie, word die oorblywende deel daarvan teen die studentegelderekening gekrediteer.

 

Staking van studie

ʼn Student wat sy studieprogram na 31 Maart van dieselfde akademiese jaar van inskrywing staak, is, afgesien van ander gelde as studiegelde op die rekening gehef, ook vir die volgende aanspreeklik:

  • Volle studiegeld vir eerstesemestermodules geneem
  • Helfte van die studiegeld vir enige jaarmodules geneem
  • Helfte van die studieverwante addisionele koste, naamlik program en module koste wat die studentegelderekening vir die betrokke jaar beloop.

ʼn Student wat sy studieprogram na 31 Julie van dieselfde akademiese jaar van inskrywing staak, is aanspreeklik vir die volle bedrag wat die studentegelderekening vir die betrokke jaar beloop.

 

Agterstallige studentegelderekeninge

Alle agterstallige bedrae op die studentegelderekening vir ʼn bepaalde jaar moet ten volle vereffen wees voordat die student vir die daaropvolgende jaar mag registreer.

Paaiemente moet stiptelik op die vasgestelde datums betaal word om te verhoed dat rente teen prima bankkoers per jaar maandeliks op die uitstaande bedrae gehef word wat nie teen die betrokke datums vereffen is nie.

Die eksamenuitslae van die studente met agterstallige bedrae op die studentegelderekeninge sal nie bekend gemaak word alvorens die betrokke skuld ten volle vereffen is nie.

 

Korting

Indien die studiegeld voor of op 31 Maart ten volle vereffen is, word ʼn korting van 3% op slegs die onderriggeld toegestaan, mits die voorgeskrewe aansoekvorm en die bewys van betaling by die Afdeling Studentegelde ingehandig is. Die korting sal slegs in die betrokke jaar van studie oorweeg word en is slegs van toepassing op plaaslike studente, ouers of voogde, en internasionals studente met ʼn geldige permanente verblyfpermit wat finansieel ten volle vir die studentegelderekening verantwoordelik is. Internasionale studente en studente wat deur beursmaatskappye befonds word, kwalifiseer nie vir hierdie korting nie.  

Die 3% kortingsaansoekvorm kan by Studentegelde of by die volgende skakel gekry word:
http://www.sun.ac.za/english/maties/Documents/Aansoek%20om%20korting.pdf

Indien drie of meer studente uit dieselfde gesin vir voltydse programme gelyktydig aan die Universiteit geregistreer is in dieselfde akademiese jaar, kan ʼn korting van 10% per student toegestaan word op die onderriggeld van elke student. Die korting kan slegs oorweeg word in die betrokke jaar van studie, mits die kortingsaansoekvorm by die Afdeling Studentegelde ingehandig word.

Die 10% kortingsaansoekvorm kan by Afdeling Studentegelde of by die volgende skakel verkry word:
http://www.sun.ac.za/english/maties/Documents/Aansoek%20om%20korting%2010.pdf

 

Terugbetaling van kredietbalanse op studentegelderekeninge

Kredietbalanse wat as gevolg van oorbetaling op die studentegelderekening ontstaan, kan op aanvraag na afloop van die student se studie uitbetaal word, indien die voltooide en gestempelde voorgeskrewe vorm, sowel as die bewys van die aanvanklike betaling by Afdeling Studentegelde ingehandig is.

Kredietbalanse wat op die studentegelderekening ontstaan nadat die volle studiegelde vir die betrokke akademiese vereffen is as gevolg van beursinbetalings kan uitbetaal word indien skriftelike toestemming deur die beursinstansie ingedien word.

Kredietterugbetalingsvorms kan by Afdeling Studentegelde of by die volgende skakel verkry word:
http://www.sun.ac.za/english/maties/Documents/Bankinbetalingsopdrag.pdf

Let asb daarop dat die vorm deur die bank gestempel moet word as bevestiging van die bankbesonderhede en die bewys van betalingaangeheg moet word voordat die elektroniese terugbetaling verwerk kan word. Beursstudente moet ook die nodige geskrewe dokument aanheg wat toestemming verleen dat die kredietbalans uitbetaal mag word .