Information Governance
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​​​​​​About us

​​​​​​​​​​​​​​​​​​

Die Universiteit Stellenbosch is daartoe verbind om sy studente, werknemers en vennote se privaatheid te beskerm in pas met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA) en verbandhoudende Suid-Afrikaanse wetgewing, toonaangewende internasionale praktyke en ons verbintenis tot goeie institusionele oorsigbestuur (governance). Om hierdie doel te bereik, het die Universiteit 'n dataprivaatheidsregulasie opgestel. Die regulasie verwoord die Universiteit se institusionele standpunt oor privaatheid en verduidelik die beginsels van POPIA teen die agtergrond van die Universiteit en sy institusionele waardes. ​

Beleide en regulasies​​

Aanmelding van voorvalle en​ oortredings

​​​In gevalle waar 'n potensiële ​voorval of oortreding van die gebruik van persoonlike inligting vermoed word, moet dit onverwyld aangemeld word op een van die volgende maniere:

Raadpleeg 'n kenner in privaatheidsregulasies

​Ons bied die volgende privaatheidsverwante interne konsultasie- en adviesdienste:

  • ​Werkswinkel gebaseerde opleiding- en bewusmakingsessies
  • Gefasiliteerde privaatheidsimpak asseserings
  • Gassprekers​​
Kontak asb die dienstoonbank ​vir meer besonderhede oor een van ons dienste asook vir enige verdere inligting oor privaatheidsregulasies.​

​Ger​​eedskap

​Persoonlike privaathei​dsimpak assesering.​ (slegs vir interne gebruikers) Assesseer die waarde en risikos verbonde aan die beplande insameling of verwerking van persoonlike inligting. 

Riglyne​​


Opleiding en Werkswinkels​​

Opleiding kan op versoek gereël word.

​​



Algemene navrae:
privacy@sun.ac.za​​​​​​