Information Governance
Welkom by Universiteit Stellenbosch


​​​​​​​Die besigheidsintelligensiestelsel, SUN-i, is 'n gesamentlike inisiatief deur die afdelings Inligtingsoorsigbestuur en IT. Die doel is om bestuursinligting te voorsien wat besluitneming op middel- en strategiese bestuursvlakke kan ondersteun. Inligting uit verskillende omgewings word geïntegreer om 'n holistiese perspektief te bied.

Gebruikers kan deur middel van dinamiese Excel-verslae en interaktiewe PowerBI toepassings toegang tot SUN‑i bekom. Excel-template is beskikbaar en gebruikers kan hulle eie Excel-verslae pasmaak om in hulle bepaalde behoeftes te voorsien.  Slegs geregistreerde SUN-i gebruikers het toegang tot die verslae.  Vir toegang tot PowerBI toepassings moet 'n lisensie bekom word.  Kliek hier ​om meer inligting te bekom oor die verkryging van 'n PowerBI lisensie.

 Die volgende inligting is beskikbaar:

  • Programaansoeke
  • Studente-inskrywings en -kwalifikasies
  • Module-inskrywings en -eksamenuitslae
  • Studenteretensie-en-deurvloeisyfers
  • Beursaansoeke en -toekennings
  • Personeelverslae
  • HEMIS-verslae

 Let wel: Inligting mag nie sonder toestemming gepubliseer word nie.

Indien u van plan is om die inligting te publiseer, kontak asseblief die Institusionele Toestemming-hulpkantoor by permission@sun.ac.za​


Vir toegangsregistrasie, opleiding of algemene navrae:

​Me Loumarie Kistner
Stuur e-pos​​​
+27 21 808 9593