Information Governance
Welkom by Universiteit Stellenbosch


​​​​​Die besigheidsintelligensiestelsel, SUN-i, is 'n gesamentlike inisiatief deur die afdelings Inligtingsoorsigbestuur en IT. Die doel is om bestuursinligting te voorsien wat besluitneming op middel- en strategiese bestuursvlakke kan ondersteun. Inligting uit verskillende omgewings word geïntegreer om 'n holistiese perspektief te bied.

Gebruikers kan deur middel van interaktiewe webblaaie en dinamiese Excel-verslae toegang tot SUN‑i bekom. Excel-template is beskikbaar, en gebruikers kan hulle eie Excel-verslae pasmaak om in hulle bepaalde behoeftes te voorsien.

 

Die volgende inligting is beskikbaar:

  • Programaansoeke
  • Studente-inskrywings en -kwalifikasies
  • Module-inskrywings en -eksamenuitslae
  • Studentebehoud-en-deursetsyfers
  • Beursaansoeke en -toekennings
  • Personeelverslae
  • HEMIS-verslae

 

Let wel: Inligting mag nie sonder toestemming gepubliseer word nie.

Indien u van plan is om die inligting te publiseer, kontak asseblief die Institusionele Toestemming-hulpkantoor by permission@sun.ac.za.


 

Geregistreerde SUN-i-gebruikers kan op die SUN-i-webtuiste inteken by:

http://insight.sun.ac.za/sun-i

Vir toegangsregistrasie, opleiding of algemene navrae:

​Me Loumarie Kistner
Stuur e-pos​​​
+27 21 808 9593