Physiological Sciences
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​Research_AFR.jpg
Die Departement Fisiologiese Wetenskappe doen ondersoekende navorsing om die gesondheidsuitdagings wat Suid-Afrika in die gesig staar, beter te verstaan. Ons het verskeie navorsingsgroepe onder leiding van uitgelese navorsers wat 'n verskeidenheid siektetoestande ondersoek. Die motivering is om ‘n indiepte begrip van die onderliggende meganismes wat die aanvang van patofisiologiese toestande veroorsaak te verkry, met die uiteindelike doel om nuwe terapeutiese intervensies te ontwerp.

 
Ons laboratoriums is goed toegerus binne ons fokus in die Suid-Afrikaanse konteks. ‘n Voorbeeld hiervan is waar ons, in die afgelope paar jaar, twee Sentrale Analitiese Fasiliteit (SAF) eenhede suksesvol binne ons departement gestig het, naamlik fluoresensie mikroskopie en vloeisitometrie. Die proefdierfasiliteit is ook in ons omgewing geleë en word suksesvol bestuur deur hoogs gekwalifiseerde personeel van ons departement. Ons het onlangs 'n NNS-navorsingsnisarea (RNA) toekenning ontvang vir die ondersoek van skeletspierbiologie. Ons is verder lede van die MNR Inter-universitêre Hartnavorsingsgroep wat navorsers aan die Universiteit van Kaapstad sowel die Universiteit van Stellenbosch se mediese kampus insluit.
 
Ons dinamiese vissie beteken dat ons suksesvol gesamentlike projekte met verskeie laboratoriums binne Suid-Afrika sowel die buiteland ontwikkel het. Tesame met hierdie omvattende strategiese benadering, verseker dit die ontwikkeling van eersteklas navorsingsuitsette, en die koestering en ontwikkeling van menslike hulpbronne (studente en personeel) en sodoende ons nasionale en internasionale beeld binne die “Fisiologie-dissipline” verder te versterk.
 
Kyk asseblief hieronder na al ons verskillende navorsingsgroepe, hoofondersoekers en skakels na meer inligting rakende elke groep, asook inligting oor ons twee nuwe ondernemings:

Navorsingsgroepe

Hoofondersoekers

Vir meer inligting

Kardio-Onkologie navorsingsgroep
​​Dr B Sishi
CORG.jpg
Kardio-Metaboliese navorsingsgroep
​Prof F Essop
CMRG_02.jpg
Spiernavorsingsgroep
​Prof K Myburgh
​​​MRG_02.jpg
Neuro-navorsingsgroep
​Prof B Loos
​​NRG_02.jpg
Kankernavorsingsgroep
​Prof A-M Engelbrecht
CRG_02.jpg
Geïntegreerde Metaboliese Navorsingsgroep
​Dr T Nell

Integrat​ed Metabolic Research Group (IMRG)​

Kliniese Hemoreologie en Bloedstollingsgroep​
​Prof R Pretorius
Blood_02.jpg

​​​​​​

​​Nuwe ondernemings

BioCode_logo_02.png​​
Phagoflux.jpg