​​​​Afdeling Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurgie

 

Die Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurgiese Afdeling bied 'n gesofistikeerde diens van rekonstruktiewe en estetiese plastiese chirurgie. Ons is vasbeslote om uitstaande pasiëntesorg te verseker. Die kliniese werk, opleiding en akademiese aktiwiteite het ten doel om uitstekende mediese versorging te voorsien.

 

Dienslewering:

Dienste sluit in volledige plastiese, rekonstruktiewe en estetiese chirurgiese tegnieke in subspesialiteite soos:

  • Kraniofasiale chirurgie
  • Gesplete lip en verhemelte chirurgie
  • Borsrekonstruksie na borskanker
  • Maksillofasiale chirurgie
  • Mikrochirurgie
  • Pediatriese plastiese chirurgie
  • Kosmetiese chirurgie
  • Algemene rekonstruktiewe chirurgie
  • Handchirurgie


Kliniese Span:

​Hoof:
Prof N Kairinos​

Konsultant / Senior spesialis: 
Dr Mosadi Mahoko (Waarnemende Konsultant​)
Dr Siddarth Gautam (Konsultant)

Deeltydse spesialiste:​
Dr Liezl du Toit
Dr Arnold Douglas

Registrars
Dr Ravin​ Patel
Dr Kirthi Ramdhani
Dr Phuti Pooe

Supernumerary Registrar
Dr Amando Nkoane​
Dr Wail Karamalla ​

Elektiewe Studente:
Elektiewe studente het die geleentheid om kliniese rotasies in ons afdeling te doen. Belangstellendes kan die Internasionale kantoor kontak by e-pos nblows​​@sun.ac.za​ ​of tel (021) 938 9549.