Division Student Access
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​Die Afdeling Studentetoegang bied gehalte-, toepaslike en noodsaaklike dienste aan sowel voornemende as huidige studente. Die spesifieke groepering van dienste in die Afdeling verseker ʼn stroombelynde studente-ervaring in die hele werwings- en toelatingsketting, vanaf die eerste kontak met voornemende studente in hoërskole tot by registrasie.

Ons is verbind tot die Universiteit Stellenbosch se stel waardes en streef dus daarna om ons studente op ʼn uitnemende, verantwoordbare, eerbiedige, billike en deernisvolle manier te ondersteun en te bemagtig. 

Die Afdeling Studentetoegang bestaan uit sentra vir studentewerwing en loopbaanadvies, toelating, koshuisplasing, voorgraadse finansiële steun asook ʼn kliëntedienssentrum, wat as die eerste kontakpunt vir navrae aan die Universiteit dien.​

​​