Food Safety
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​Innovering Deur Samewerking

Voedselveiligheid is 'n noodsaaklike openbare gesondheidskwessie vir almal.  Die potensiële bedreiging tot openbare gesondheid deur voedselgedraagde siektes neem toe met uitbreiding van verstedeliking en die wêreldwye verspeiding van voedsel.  Die gevolge van 'n mislukte voedselveiligheidsbeleid is duur en dit beïnvloed nie net openbare gesondheid nie, maar ook die voedselprodusent en die ekonomie.  Die evaluering van die veiligheid van ons voedsel het gelei tot 'n paradigmaskuif na risikogebaseerde ontledingsmetodes.  Evaluering en bestuur van hierdie risiko's moet wetenskaplik geëvalueer word, wat insette van 'n reeks kundiges vereis.  Wetenskap-gebaseerde voedselbeheer is noodsaaklik vir die beskerming van voedselprodukte.

Die Sentrum vir Voedselveiligheid sal sy geloofwaardige, hoë gehalte navorsing oor voedselveiligheid, onder leiding van kundiges op die gebied, gebruik om voedselveiligheidswetenskap en -navorsing oor te dra om 'n tasbare impak in die voedselindustrie, die regering en vir verbruikers te verseker.

CFS wheel.jpg

Dit sal beriek word deur:​

Bou van internasionale netwerke – van voedselveiligheid  

Ontwikkeling van 'n verbeterde voedselveiligheidskultuur - om opvoeding en bewustheid te verhoog om die voedselveiligheidskultuur in Suid-Afrika te ondersteun en te verbeter

Verbetering van die vermoë van voedselveiligheid - in wetenskap en die regering om gesamentlik Suid-Afrika se voedselveiligheidsekosisteem vir die toekoms to bewaar

Innovering vir voedselveiligheid -  deur die wetenskaplike basis te bied vir veiligheid in voedselinnovasie

Ontwerp van programme wat samewerking ondersteun - om fragmentering en duplisering te minimiseer

Om die eerste keuse van voedselveiligheidsvennoot te wees - deur erken te word as die voorkeurvennoot vir voedselveiligheid

Lewering van betroubare voedselveiligheidsadvies – wat onafhanklik, betyds en geloofwaardig is 

 

business.jpg