Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Verpligtings

​​​​

Kansellasie van Verpligtings

Wat is 'n verpligting?

Ten einde finansiële volhoubaarheid te verseker en oorspanderings te voorkom toets die US se finansiële bedryfstelsel vir fondse.  Wanneer 'n rekwisisie geskep en goedgekeur word en daar is fondse beskikbaar word die fondse  teen die kostepunt verplig of vasgehou en word eers ten tye van betaling  beskikbaar gestel.

Redes vir kansellasie van verpligtings

  • Wanneer betaling om welke rede nie meer geskied nie moet die verpligting ook op die finansiële stelsel gekanselleer word ten einde die fondse weer op die kostepunt binne die saldo beskikbaar te stel.
  • In die geval van regstellings:  Indien die bestelling reeds op die stelsel geskep is (rekwisisie status 5) kan geen wysigings aan die bestelling aangebring word nie.  Sou die itemlyne of bedrae moet wysig moet die bestelling gekanselleer en oorgedoen word.
  • Kansellasie van reswaardes: Indien slegs 'n gedeelte van die bestelling betaal is en die uitstaande gedeelte het nie weggewerk nie agv foutiewe goedere ontvangs moet die reswaarde teen die bestelling gekanselleer word sodat die oorblywende fondse weer beskikbaar word binne die kostepuntsaldo.