Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Wat is ons rol

Die kernrol van die Afdeling Finansies is om die US te ondersteun in die nastrewing van die institusionele doelwitte, deur toe te sien dat die nodige dienste en inligting verskaf word wat bydra tot die versekering van die US se finansiële volhoubaarheid deur die implementering van effektiewe besigheidsprosesse en die effektiewe en doeltreffende beskikbaarstelling van finansiële inligting.

 

Die afdeling verskaf hierdie diens aan 'n wye spektrum van belangegroepe (kliënte), wat insluit (maar nie beperk is tot):

  • US Raad en ander relevante sub-komitees van die Raad;
  • US bestuur;
  • Personeel binne fakulteite en ander steunomgewings;
  • Studente en hul ouers;
  • Departement van Hoër Onderwys en Opleiding;
  • Plaaslike regering;
  • Donateurs en ander befondsers;
  • Verskaffers.

 

Die Afdeling Finansies se kliënte (beide ekstern en intern) en hulle behoeftes vorm die kern van die afdeling se werksaamhede, waar hierdie werksaamhede insluit:

  • Dag-tot-dag finansiële transaksies en bestuur
  • Finansiële beplanning en begroting
  • Finansiële verslagdoening
  • Verkrygingsdienste
  • Bestuur van studentegelde- en lenings
  • Finansiële bestuur van alle US Bates
  • Dryf die implementering van die Mobiliteitsplan