Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Wat is Ons Doelwitte?

Ons hoofdoelwit:  Sistematiese Finansiële Volhoubaarheid

Die afdeling is deurlopend besig om sy doelwitte en implementeringsplanne te evalueer en te belyn sodat die Afdeling sal bydra tot die implementering van die US se institusionele doelwitte volgens die goedgekeurde Institusionele Plan en Institusionele Voorneme en Strategie asook die omgewingsplanne van die fakulteite, ander professionele en administratiewe steunomgewings en ander tersaaklike interne en eksterne belangegroepe.

 

Tydens 'n strategiese sessie van die afdelingshoofde binne die Afdeling Finansies op 24 April 2017, is die volgende doelwitte gestel vir die kort- sowel as langtermyndoelwitte. Dit bou op doelwitte wat reeds in die vorige jare gestel is, en is uitgebrei soos nuwe uitdagings aan die orde kom:

  1. Beplanning vir en bystand met die implementering van SUNFin (voorheen Kuali Financials (KFS) asook die groter Stelselvernuwingsplan (SVP) volgens goedgekeurde IKT- doelwitte, veral met 'n fokus op die finansiële integrasie en gepaardgaaande interne kontroles.
  2. Verdere verfyning van die geïntegreerde begrotingsmodel ten opsigte van al vyf geldstrome van die US volgens die goedgekeurde US Begrotingsmodel met inagneming van die sake wat deur die Taakspan ondersoek word.
  3. Verdere verfyning van die geïntegreerde verslagdoening (insluitende die halfjaarverslag) in terme van die Riglyne vir Verslagdoening deur Hoër Onderwysinstellings.
  4. Uitvoer van gapingsanalise om die implementering van King IV te fasiliteer in terme van die goedgekeurde projekplan daarvoor, ten einde nakoming as deel van geïntegreerde verslagdoening en goeie korporatiewe beheer beginsels binne die US te verseker. 
  5. Effektiewe invordering van uitstaande studentegelde en -lenings en voldoening aan die vereistes van die Kredietwet.
  6. Verankering en verdere verfyning van die geïntegreerde gerusstellingsplan saam met Interne Oudit en ander rolspelers.
  7. Beleggingsbestuur: Uitvoering van die besluite van Beleggingskomitee rakende die herstrukturering van die US se langtermynbeleggingstrategie en -mandate.
  8. Ondersoek kontantlose omgewings as 'n alternatief vir huidige praktyke met die oog op gesonde finansiële bestuur en sekuriteit.
  9. Bestuur van kontantvloei en belyning van kontantvloeiprojeksies met die Raadsgoedkeurings vir die IKT-projek asook die Kampusvernuwingsplan.
  10. Gesonde finansiële bestuur van die fondse deur die Raad investeer in die volgende projekte: IKT, Kampusvernuwingsplan, Sport.
  11. Uitrol van finansiële bestuursinligting vir effektiewe finansiële beplanning en bestuursbesluite in noue samewerking met die Afdeling Institusionele Navorsing en Beplanning (INB).
  12. Ontwikkeling van 'n finansiële indikator vir die SBA's.
  13. Verbeter kommunikasie met personeel asook kliënte (intern en ekstern), wat insluit die bywerking vertaling van die Finansies webblad.
  14. Kommunikasie rakende die nuwe BBBEE kode en die bestuur van die impak van die nuwe vereistes.
  15. Voorbereiding vir die kwaliteitsoudit (implementering van metingsmaatstawe).
  16. Implementering van die SunRekords-projek binne Finansies.
  17. Doeltreffende belyning met US se nuwe Institusionele Voormene en Strategie in hersieningsfase vir Raadsvoorlegging in Nov 2017 asook met die bestaande Institusionele Plan en doelwitte en bestuursaanwysers daarin vervat.
  18. Veranker sistemiese volhoubaarheid asook sosiale impak en transformasie doelwitte in die kernbesigheid/doelwitte van Afdeling: Finansies.
  19. Verdere uitbreiding van die geïntegreerde plan om die US (en dorp) se Mobiliteitsuitdagings aan te spreek.