Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Boekhouding


 

Joernale

'n Joernaaltemplaat moet volledig ingevul word, byvoorbeeld kostepunt, rekening, bedrag, projeknommer (waar van toepassing) en beskrywings.

Dit moet vergesel wees van 'n faktuur (waar van toepassing), algemene grootboekrekeningdrukstukke, e-posse of enige ander tersaaklike motiverings/dokumentasie waarom die joernaal verwerk moet word. Die bedrag moet behoorlik deur die ondersteunende dokumentasie gestaaf word.

Slegs een joernaaltipe moet per templaat voltooi word, met ander woorde moenie hertoewysing van uitgawes op begrotingskostepunte met NNF-joernale, of NNF-joernale met salarisjoernale, of hertoewysing van uitgawes met die skuif van begroting beskikbaar of batetipe-joernale kombineer nie. Al hierdie onderskeie joernaaltipes word deur verskillende personeellede binne die Afdeling Finansies verwerk. Elke templaat moet aan die betrokke personeellid gestuur word vir verwerking.

Versuim om te voldoen aan die bogenoemde proses kan daartoe lei dat joernale nie betyds verwerk word nie.


 

​​​

​​​​