​​​Afdeling Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurgie

Mikrochirurgie

Hierdie kursus sal weer in 2023 aangebied word.

Vir meer inligting:
Sizwekazi Zantsi
Tel : +27 21 938 9585
E-pos: sizwekazi@sun.ac.za​ 

 

Die term mikrochirurgie verwys na chirurgiese tegnieke wat met die hulp van 'n operasie mikroskoop of loupe onder baie sterk vergroting uitgevoer word.

Mikrochirurgiese tegnieke word gebruik in die disektering van baie klein strukture asook die hegting van baie klein bloedvate en senuwees.   Mikrochirurgiese rekonstruksie word gebruik om moeilike rekonstruktiewe probleme op te los, nadat ander opsies nie die verlangde uitwerking of resultate lewer nie.  Vrye weefsel oorplanting is 'n rekonstruktiewe prosedure wat van mikrochirurgiese tegnieke gebruik maak en word op gereelde basis in ons departement van plastiese chirurgie gebruik en is veral van toepassing in die volgende kliniese gevalle:

  • Bors rekonstruksies
  • Kop en nek kanker rekonstruksies
  • Hand chirurgie
  • Rekonstuksie van die laer ekstremiteite
  • Reanimasie chirurgie van die gesig
  • Rekonstruksie van die manlike en vroulike genitalia

Alhoewel mikrochirurgiese tegnieke hoofsaaklik in plastiese chirurgie gebruik word, is dit ook van toepassing op die meeste ander chirurgiese spesialiteite.

Die Universiteit van Stellenbosch het 'n lang geskiedenis van  mikrochirurgiese opleiding in die afdeling Plastiese chirurgie.   Mikrochirurgiese kursusse word reeds sedert die eerste vrye weefsel oorplantings by die Tygerberg Hospitaal uitgevoer is, op gereelde basis aangebied.

Verskeie mikrochirurgiese kursusse word op gereelde basis by die mikrochirurgiese laboratorium aangebied.   Daar word ook be-oog om binnekort vrye flap kursusse op 'n gereelde basies aan te bied.   Hierdie kursusse sal uit drie dele bestaan, naamlik:

Mikrochirurgiese vaardighede, flap desseksies op kadawers en lewendige chirurgiese gevalle.   Die mikrochirurgiese laboratorium bied ook op aanvraag die volgende werkswinkels aan in spesialis prosedures op rotte en muise:

  • Hart oorplantings (rotte)
  • Nier oorplantings (rotte)
  • Nefrektomies (rotte en muise)
  • Hipatektomies  80% (rotte en muise)
  • Onderhuidse inplanting van konstante binne-aarse infusie pompe (rotte en muise)

Ons kan bogenoemde prosedures aan navorsers of departemente lewer op aanvraag.
 
 

Mikrochirurgiese Kursus Program

Die Afdeling Plasties en Rekonstruktiewe Chirurgie bied die volgende 3-dag opleidingskursusse (Maandae tot Woensdae) in Basiese Mikrochirurgiese Vaardighede aan.

Indien ekstra vaardighede benodig word, kan ‘'n vierde dag (Donderdag) bespreek word.

DAG EEN:

  • Verwelkoming en registrasie
  • Video demonstrasie
  • Opstel van mikroskoop en hand tot oog koördinasie
  • Plasing van steke en maak van knope op sintetiese material
  • Hegting van Rot kadawer aorta (2mm deursnee) onder mikrroskoop (9/0 hegtings materiaa l)

DAG TWEE:

  • Hegting van aorta end-end op lewendige rotte
  • Disektering en hegting van rot femorale arterie(1mm.) end-end(10/0 hegtings materiaal)

DAG DRIE:

  • Hegting van rot arteries en venes
  • Hegting van skiatiese senuwee(2mm. deursnee)
  • Afsluiting en oorhandiging van sertifikate aan suksesvolle kandidate

DAG VIER:

  • Vir die kandidate wat wil voortgaan na die suksesvolle voltooing van 3 dag kursus
  • Hegting van rot arterie tot vene (AV fistula)
  • Hegting van interposionele 4mm. aorta oorplanting in Rot