Afdeling Plastiese en Rekonstruktiewe Chirurgie

Kraniofasiale Eenheid

 

Die kraniofasiale eenheid by die Tygerberg Akademiese Hospitaal/Stellenbosch Universiteit, lewer volledige evaluasie en behandeling aan kinders met aangebore abnormale defekte van die gesig en skedel. Hierdie diens sluit in kraniofasiale deformiteite sowel as gesplete lip- en verhemelteafwykinge. Kinders met kraniofasiale defekte het gewoonlik funksionele probleme sowel as kosmetiese defekte. By die kraniofasiale eenheid word pasiënte volledig deur 'n audioloog, neurochiurg, maksillofasiale chirurg, ortodontis, pediatriese genetikus, plastiese chirurg en spraakterapeut geevalueer. 'n maatskaplike werker is ook betrokke om die ouers en die pasiënt te help om die emosionele aspek van die deformiteit te hanteer en verwerk. Die professionele kundiges vorm 'n multidissiplinêre span wat saamwerk in belang van die pasiënt.

Vir meer inligting kontak:
Me Asanda Situnda
Tel: 021 938 4681  FREE 021 938 4681
Epos: Asanda.Situnda@westerncape.gov.za