| Prof Pieter Gouws
Professor in voedselmikrobiologie aan die Departement Voedselwetenskap, Universiteit Stellenbosch en adjunkdekaan - onderrig en leer aan die Fakulteit AgriWetenskappe Sy huidige navorsingsbelangstellings fokus op nuwe en innoverende toepassings vir die opsporing en beheer van ongewenste bakterieë in voedsel, verbetering van voedselveiligheid en voedselgehalte, nuwe prosesseringstegnologieë en antibiotika-weerstandigheid van voedselgedraagde bakterieë. Hy is die skrywer van verskillende wetenskaplike artikels en lei voor- en nagraadse studente op die gebied van voedselveiligheid op. Hy was ook 'n instrumentele rolspeler in die stigting van die Sentrum vir Voedselveiligheid aan die Universiteit Stellenbosch. |
| Prof Gunnar Sigge
Mede-Professor en Hoof van die Departement van Voedselwetenskap, Universiteit Stellenbosch Sy navorsing fokus op afvalwaterbehandeling van voedselverwerkingsfasiliteite, volhoubare watergebruik in die voedselbedryf, die voedselveiligheidsaspekte wat met water en verwerking verband hou, en alternatiewe ontsmettingstelsels vir water.
|
| Dr Diane RipDosent aan die Departement
van Voedselwetenskap, Universiteit Stellenbosch
|
| Dr Maricel KrügelDosent aan die Departement van Voedselwetenskap, Universiteit Stellenbosch Sy is die koördineerder van 'n dinamiese en interessante module, Proefontwerp en Produkontwikkeling. Sy is 'n groot voorstander van samewerking en haar navorsingsbelangstellings sluit in nuwe produkontwikkeling, voedselveiligheid en verwerking van plaas tot verbruiker.
|
| Dr Paul WilliamsDosent aan die Departement van Voedselwetenskap, Universiteit Stellenbosch
|