Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Studentelenings

 

Hoe kry jy 'n studentegeldrekening?

Leningsrekeninge kan verkry word via die studenteportaal. State word kwartaalliks aan aktiewe studente per e-pos gestuur. Die e-posadres kan bygewerk word by http://my.sun.ac.za

  • Klik op Voorgraads OF Nagraads
  • Klik op Administrasie
  • Klik op Adres & Kontakinligting
  • Verander e-posadres


Wanneer is die lening betaalbaar?

Terugbetalings begin graduering of wanneer die student die universiteit verlaat.

 
Hoe kan jy die leningsrekening betaal?

  • Betaling by die kassiere met kontant, debiet- of kredietkaart, of tjek.


Stellenboschkampus

Betaling by die kassiere in Blok A van die Sentrale Administrasie.
Kantoorure: Maandag tot Vrydag, 08:00 tot 15:30

Tygerbergkampus
Betaling by die kassiere in die Kliniese Gebou, 1ste verdieping, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.
Kantoorure: Maandag tot Vrydag, 08:30 tot 15:30

Bellville Park-kampus
Betaling by die kassiere in die Hoofgebou, Carl Cronjé-rylaan, Bellville.
Kantoorure: Maandag tot Vrydag, 8:30 tot 12:45 en 13:45 tot 15:30

  • Direkte bankoorplasings
    Bankbesonderhede:
    Naam:                                US Studentelenings (openbaar gelyste begunstigde)
    Bank:                                  Standard Bank
    Rekeningnr:                       072249269 (tjekrekening)
    Takkode:                            050610
    SWIFT-kode:                      SBZAZAJJ (slegs vir oorsese betalings)
    Verwysing:                         Studentenommer

 

  • Kredietkaartbetalings
    Betaal by die kassier met 'n kredietkaart tydens voorgeskrewe kantoorure.
    'n Amptelike kredietkaartvorm is verkrygbaar van Studentegelde vir handtransaksies.