Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Bates

 

 

Batebestuur

Dit is belangrik om daarop te let dat boekhouding van bate aktiwiteite ʼn wetlike vereiste is en dus is die Universiteit wetlik verplig om rekord van sy  vaste bates te hou (roerend en onroerend).

Vaste bates is grond, geboue, masjienerie, kantoortoerusting en -meubels, ens wat vir die doel van goedere produksie of dienslewering gehou word en nie vir die doel van verkoop in alledaagse besigheid nie.

Hierdie opgawe, die Bateregister, sluit alle roerende US bates in wat deur US betaal is, ongeag van die bron van befondsing, en aan US geskenk is.

Die US bateregister word deur die Fakulteite/Departementeonderhou, maar word deur die Afdeling Batebestuur sentraal bestuur. Die bateregister verskaf details met betrekking tot batebeskrywing, eienaarskap, befondsing, ligging, vervangingswaarde, asook finansiële inligting soos byvoorbeeld depresiasie. Die bateregister laat ook toe dat US op hoogte van bates bly.

By US word bates gedefinieer op grond daarvan dat dit al die volgende eienskappe bevat:

  • Aanskafkoste van R2,000 of meer
  • Lewensduur van meer as een jaar
  • Is ʼn losstaande roerende item

    Geskenkte bates (in natura skenking) moet verklaar word by die Department Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge, tesame met die volgende ondersteunende dokumentasie:
  • Skriftelike bevestiging vanaf die donateur dat die item/artikel ʼn skenking is
  • Die waarde van so ʼn skenking (kosprys minus BTW; heg asb die faktuur aan)
  • Die donateur se inligting vir die uitreik van die S18A
  • ʼn Verklaring vanaf die ontvangende Departement dat bogenoemde skenking in ontvangs geneem is

Sodra die skenking geregistreer is en die waarde van die skenkingsitem R2,000 oorskry, sal die Department Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge alle relevante inligting aanstuur na die Department Batebestuur om die bate op die US bateregister te skep. Batebestuur sal die ontvangende Departement kontak om die bateregister inligting, bv OU-kode, gebou, kamernommer (ligging van die bate) te bekom.