Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Bates

​​​​

Batebestuur

Moet ʼn begroting geskep word?

Geen bate kan aangekoop word sonder om eers ʼn begroting te skep nie (FBG100P). In die begrotingsproses word n begrotingsnommer en batenommer aan die item toegewys. Na betaling word die bateregister met die nuwe bate opdateer, asook onder die US versekeringsbeleid bygevoeg. Dit is belangrik dat die korrekte aantal items wat voor begroot moet word ingevul word aangesien dit die aantal bates aandui wat tot die register bygevoeg moet word

 

Wie is verantwoordelik?

Dit is die plig en verantwoordelikheid van alle US kostepunt eienaars en alle US personeellede wat as die verantwoordelike persoon tot ʼn kantoor aangewys is:

  • om te verseker dat alle items wat as bates geklassifiseer is op die bateregister bygevoeg is,
  • om alle US bates te beveilig as die bewaarder,
  • om te verseker dat enige veranderinge aan die bate se ligging, bruikbaarhied of verlies daarvan betyds gerapporteer word deur die nodige aansoek op die bateregister se instandhoudingsprogram voltooi word, naamlik program EBR001P,
  • om te verseker dat alle kantore jaarliks as korrek bevestig en sertifiseer word.