Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Buitelandse betalings


 

​​​

Daar is 2 tipes buitelandse betalings:

  • Invoere – waar departemente werklike goedere ontvang, en
  • Ander – registrasie, akkommodasie, publikasie, lidmaatskapgelde, professionele dienste, subskripsie, sagteware, data, lisensiegelde, terugbetaling van onkostes, ens.

Stappe wat gevolg moet word:

  1. Is die krediteur op die stelsel geregistreer? Indien nie, e-pos die faktuur en brief van die verskaffer (begunstigde) se bankiers ter bevestiging van die bankbesonderhede aan Finansiële Dienste ten einde 'n krediteurskode te skep.
  2. Skep 'n buitelandse rekwisisie op EAS199P.
  3. Magtig die buitelandse rekwisisie op EAS204P.
  4. Indien reiskoste en konferensie-registrasiegelde betaal word, moet die derdepartyvorm ingevul word.
  5. Stuur getekende rekwisisiebladsy en alle tersaaklike dokumentasie na Finansiële Dienste.
  6. Finansiële Dienste verwerk betaling en stuur die betalingsinstruksie aan ons bankiers.
  7. Wanneer betaling deur die bank gefinaliseer word, word betalingsbevestiging per e-pos ontvang. Finansiële Dienste stuur die bevestiging aan die versoeker vir hul rekords.
  8. Finansiële dienste verwerk die joernaal om die betaling aan ons kant te finaliseer en verreken die verpligting op die kostepunt. Die transaksie verskyn dan op die algemene grootboekrekening van die kostepunt.[LS<1] 
  9. Vir ingevoerde goedere moet alle betrokke verrekeningsdokumente aan Finansiële Dienste gestuur word voordat die transaksie gefinaliseer kan word (verpligting word verreken en algemenegrootboek-inskrywing gemaak).