Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Verskering

Wanneer moet 'n eis aangemeld word?

Die US se versekeraars vereis dat alle ongelukke, verliese, of enige ander insident wat tot 'n moontlike versekeringseis kan lei, binne 24 uur aangemeld moet word by die Afdeling: Fondse en Bates wat dit weer aan die versekerings makelaars sal deurgee.

Inbraak en diefstal moet binne 24 uur deur die departement betrokke, by die SA Polisiediens aangemeld word vir die toekenning van 'n MAS-nommer.  'n Afskrif van die verklaring afgelê, moet by die SA Polisiediens versoek word vir versekeringsdoeleindes.  Rapporteer die inbraak/diefstal ook by die US Beskermingsdienste en verstrek die MAS-nommer aan hulle.