Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Studentegelde Rekening

​​​​​

Geregistreerde studente
 

Verpligte eerste paaiement

Uitstelreëlings vir afbetaling van die verpligte eerste paaiement kan getref word mits die uitstaande studie- en inwoningsgeld van die vorige studiejaar ten volle vereffen is. Die afbetaling kan in gelyke paaiemente afbetaal word tot en met 31 Maart. Die uitstelreëlingsvorm is eers in Januarie van die akademiese jaar by Afdeling Studentegelde beskikbaar.

 

Betalings

Die verpligte eerste paaiement (vasgestelde bedrag) is betaalbaar met registrasie. Laat 3 - 5 dae verwerkingstyd toe voordat die studentekaart na registrasie vir die akademiese jaar heraktiveer kan word.

Die tweede paaiement van 75% van die restant van die totale studentegelderekening, nadat die gelde wat reeds met registrasie betaal is, afgetrek is, is betaalbaar teen 31 Mei.

Die finale paaiement van die 25% balans is betaalbaar teen 30 September.

 

Debietorderstelsel

Die debietorderstelsel is beskikbaar en bestaan uit die verpligte eerste paaiement (vasgestelde bedrag) betaalbaar met registrasie en agt maandelikse paaiemente vanaf 1 April tot 1 November. Ouers/studente moet voor 10 Maart aansoek doen vir die opsie op die debietordervorm wat by Afdeling Studentegelde verkry kan word OF aanlyn by http://my.sun.ac.za onder “Finansies", “Betalings".

Aansoeke na 10 Maart sal oorweeg word onderhewig aan ʼn voorafbetaling van die minimum debietorderbetalings wat sedert 1 April betaalbaar sou wees.

 

Webbetalings

Aanlyn kredietkaartbetalings kan by die volgende webadres gemaak word:
http://t2000-05.sun.ac.za/app-adf-view-student-bucket-parent/faces/login.jspx

 

Terugbetaling van kredietbalans op studentegelderekeninge

Kredietbalanse wat as gevolg van oorbetaling ontstaan, word op aanvraag na afloop van die student se studie uitbetaal, en slegs indien die volledige bankbesonderhede van die begunstigde (ingevul op die voorgeskrewe vorm) ontvang en die bewys van die aanvanklike betaling aangeheg is.

Kredietbalanse wat as gevolg van beursbetalings ontstaan nadat die volle studiegeld verskuldig aan die Universiteit vir die betrokke akademiese jaar afgetrek is, sal slegs uitbetaal word indien ʼn skriftelike toestemmingsbrief van die beursinstansie ingehandig word.

 

Nie-geregistreerde studente

AFSKRYWINGS VOLGENS RAADSBESLUIT

 

1. Voorleggings moet die volgende bevat:

  • Laaste datum van Registasie;
  • US Nommer;
  • Student se naam en van;
  • Eis verjaar het of nie;
  • Tipe kursus; graad ontvang het of nie;
  • Saldo

2. Ou Voorleggings (van die vorige jaar):

  • Moet nuwe korrespondensie tussen US en student bevat.
  • 'n Verdere e-pos opsomming oor die vordering van die rekening plus aangehegte korrespondensie tussen US en student.

3. Skulde wat alreeds deur die Raad afgeskryf is:

  • Indien 'n student weer registreer, word die afgeskryfde saldo op die Finansiële Stelsel teruggeplaas na die studentegelderekening (FSG240).

4. Skulde wat deur Raadsbesluit afskryf is en waarop student nog maandelikse betalings maak:

  • Betalings word direk op die studentegelderekening ontvang (FSG240).
  • E-pos aan betrokke Afdeling (studentegelde of -lenings) om bogemelde te bevestig.
  • Gelde word op die Standard Bank rekening ontvang.
  • Indien 'n student nie terugkom nie bly sy rekening onveranderd.

5. Studente wie se rekening alreeds volgens Raadsbesluit afgeskryf is maar poog om 'n maandelikse betaling daarop te maak:

  • Student moet bewys van sy/haar finansies stuur;
  • Student moet bewys van werkloosheid en/of ongeskiktheidsverslag stuur.
  • Lêer sal tydelik gesluit word totdat sy/haar situasie verbeter het.

6. Skulde wat oorweeg sal word vir afskrywings:

  • Oninbare Skulde – waar die student nie gespoor kan word nie.
  • Eise wat verjaar het – Eise ouer as 3 jaar
  • Buitelandse studente wat nie 'n graad/diploma ontvang het en wie se eis onder R10 000.00 is

7. Skulde wat nie afgeskryf sal word nie:

  • Suid Afrikaners wat 'n graad/diploma ontvang het.
  • Suid Afrikaners wat in die buiteland is.

8. AD HOC VERSOEKE: Afskrywings van Gelde/Skulde:

  • Daaglikse versoeke word aan die Adjunkdirekteur: Studentegelde & Debiteure voorgelê en maandeliks opgeneem met die Direkteur: Finansiële Beplanning en Batebestuur.
  • Versoeke agv Permanente Mediese Ongeskiktheid.
  • Wanneer 'n student oorlede is.


 Proses vanaf 2016

Student_process_afr.PNG