Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

SnapScan

​​​​​


Betaal studentegelde, internet & drukkrediete, wasgoed en etes met SnapScan binne-toep betalings

SnapScap is ‘n mobiele applikasie waarmee jy kontantlose betalings kan maak vir rekeningbetalings van studentegelde, vir voorafbetaalde internet en drukkrediete, asook vir wasgoed en etes.

Dit is vinnig en eenvoudig om die SnapScan toep te gebruik. Die toep is gratis om te gebruik en het slegs data of wifi nodig. Studente moet die SnapScan toep van hul toep-winkel aflaai, vinnig registreer en hul kaart-besonderhede invul. Daarna kan hulle ‘n QR-kode (‘n vierkantige strepieskode) skandeer wat gekoppel is aan ‘n handelaar se SnapScan rekening of hulle kan die binne-toep betalingsopsies (rekening- of vooraf-betalings) gebruik, betalingsbesonderhede invul (die bedrag en ‘n PIN) en die transaksie is voltooi. SnapScan werk met die meeste e-handelsgedrewe debiet- en kredietkaarte van enige Suid-Afrikaanse bank, asook die meeste internasionale kredietkaarte.

​Behalwe vir die SnapScan binne-toep betalings, het studente ook ‘n aanlyn opsie op die US se webtuiste <sit verbinding in> waar hulle die keuse kry tussen voorafbetalings (vir die internet, etes, wasgoed, drukwerk krediete en ry-geleenthede) en rekening-betalings (vir studentegelde).​​​