Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kleinkas

Die kleinkas is 'n klein hoeveelheid fondse in die vorm van kontant wat in departemente gehou word en gebruik word vir uitgawes waar dit nie sinvol is om betalings via rekwisisie te maak nie. Die persoon wat vir die kleinkas verantwoordelik is, staan bekend as die kleinkasbewaarder. Die departements-/afdelingshoof moet kontant voorhande gereeld bevestig (Voorskot – bewys van aankope = kontant in die hand).​