Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Voorskotte

​Voorskotte behels om 'n betaling te maak voordat dit aan personeel verskuldig is, of wanneer 'n diensverskaffer nie vooraf 'n faktuur kan lewer nie. As gevolg van die betrokke risiko word voorskotte slegs in hoogs uitsonderlike gevalle uitgereik en dit moet binne 30 dae gerekonsilieer word. Slegs koste wat aan die vereistes van die finansiële beleid voldoen, kan in die vorm van 'n voorskot aangegaan word en geen vergoeding vir dienste mag daaruit betaal word nie.​