Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Verskering

 

Wat is die prosedure vir die aanmelding van 'n versekeringseis?

  • Daar moet ten alle tye gepoog word om enige skade tot 'n minimum te beperk.
  • Moet onder geen omstandighede aanspreeklikheid teenoor enige persoon erken nie
  • Na aanmelding van 'n versekeringseis, sal 'n eisvorm aan u gestuur word. Hierdie vorm moet volledig voltooi word en tesame met alle relevante dokumentasie, so spoedig moontlik, maar nie later nie as 10 dae na die voorval plaasgevind het, teruggestuur word aan die eise-administreerder by die Afdeling: Fondse en Bates.

 

Watter dokumentasie word benodig om die eisvorm te vergesel?

  • 2 Kwotasies vir die herstel/ vervanging van beskadigde/ gesteelde goedere. Fakture vir die herstel/ vervanging van dringende beskadigde/ gesteelde goedere
  • Verklarings van die polisie of verkeersdepartement, moet so spoedig moontlik na bogenoemde persoon gestuur word ten einde te verseker dat die eis so spoedig moontlik afgehandel kan word.  
  • Moet onder geen omstandighede met 'n derdeparty onderhandel nie. U moet ook geen korrespondensie vanaf 'n derdeparty of sy regsverteenwoordigers beantwoord nie, maar stuur dit onmiddellik aan die eise-administreerder.