Finance
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Bank dienste


 

​​​​​

EFT Betalings 

Die Universiteit is reeds gelaai as 'n begunstigde op alle elektroniese bankbetalingstelsels.  Selekteer “Company". By soekfunksie, tik in Stellenbosch waar die verskillende opsies gaan verskyn o.a US General/Algemeen, US Studentegelde/Student fees, US Debtors/Debiteure, US Debt collections/Skuldinvorderings.

 

Kontantbetalings

Alle kontant inbetalings kan by die US Kassiere geskied of by enige Standard Bank tak gedoen word.

 

Kredietkaart

Kredietkaarttransaksies kan by die US Kassiere geskied, asook deur aanlyn betalings via US se webtuiste.

 

Verhaling van foutiewe deposito's

Indien foutiewe inbetalings gemaak word op die US se bankrekeninge, moet die volgende in ag geneem word:

  • Geen derdeparty-eis betalings word toegestaan nie. 
  • Bewys van inbetaling moet verskaf word.
  • Bankbevestigingsbrief vanaf u bank moet verskaf word.
  • Indien maatskappy/instelling, word 'n getekende brief op briefhoof vanaf die maatskappy/instelling benodig.

Indien individu, benodig ons 'n e-pos of skrywe ter stawing van bogenoemde.