NUUS
US wil verskil maak met nuwe navorsingsverslag
 
Die jongste uitgawe van die bekroonde publikasie Navorsing by die Universiteit Stellenbosch van die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) aan die Universiteit Stellenbosch (US) is amptelik bekendgestel. Lees meer hier

Navorsing by die Universiteit Stellenbosch 2018: Forward with SU Research

Die nuutste uitgawe van die jaarlikse publikasie Navorsing by die Universiteit Stellenbosch is nou beskikbaar. 
  Lees die aanlyn weergawe hier.
Sluit aan by ons Facebook-gemeenskap Research at Stellenbosch University om meer te lees oor navorsingsaktiwiteite aan die US.

Jong akademikus wen die gesogte Google Fakulteitsnavorsingsprys 


Dr Herman Kamper het die gesogte Google Fakulteit Navorsingstoekenning ontvang, een van 'n paar wat tot dusver aan navorsers in Afrika toegeken is. Lees meer hier
Baderoon ontvang Media24 Elisabeth Eybers Prys.

'n 2019 Media24 Boeke Literêre Prys is toegeken aan buitengewone professor Gabeba Baderoon van die Departement Engels aan die Universiteit Stellenbosch. Die prys erken die beste werk gepubliseer by uitgewerye in die Media24-stal tydens die voorafgaande jaarLees meer hier
 
Trilaterale leerstoel aan US-navorser toegeken

'n Toonaangewende navorser van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch, medeprofessor Josephine Kaviti Musango, het erkenning ontvang vir haar navorsing toe een van slegs twee Suid-Afrikaanse navorsingstoele van ˈn trilaterale navorsingstoelinisiatief aan haar toegeken is. Lees meer hier
US hematoloog blink uit 

Prof Resia Pretorius, a hematoloog in die US se Departement Fisiologiese Wetenskappe, is benoem as die naaswenner in die Departement van Wetenskap en Tegnologie se Vroue in Wetenskap-toekennings (WiSA) in die kategorie “Uitsonderlike Vroue Navorsers in die Natuurwetenskap en Ingenieurswese".       
Lees meer hier

FGGW-dosent se toekenning bevorder palliatiewe geneeskunde

 
Dr Henriette Burger van die Afdeling Stralingsonkologie by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) het onlangs 'n ASCO IDEA-toekenning ontvang van Conquer Cancer, en het in Junie na Chicago gereis om dit in ontvangs te neem.   
Lees meer hier

Tiener geestesgesondheid sal baat by Seedat se 2020 Vroue Globale Leerstoel aanstelling

​Nog 'n eerbetoon het Professor Soraya Seedat, Uitgelese Professor van Psigiatrie en die Uitvoerende Hoof van die Departement Psigiatrie, toegeval: sy is aangestel as die 2020 Vroue Globale Leerstoel by die Universiteit van Bath in die Verenigde Koninkryk. Lees meer hier 

GELEENTHEDE

Doen aansoek vir internasionale mobiliteitsprogramme vir personeel

Universiteit Stellenbosch Internasionaal (US Internasionaal) nooi personeel uit om aansoek te doen vir internasionale mobiliteitsprogramme wat beskikbaar is vir akademiese – en steunpersoneel vir die 1ste semester (Januarie tot Junie) in 2020. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 20 September 2019.
Vir meer inligting: Klik 
hier OF kontak Lidia du Plessis by 021 808 2607, epos lidia@sun.ac.za

BEFONDSINGSGELEENTHEDE
Stel u belang in navorsing en innovasie befondsing vir Europese samewerking?

ANO bied toegewyde ondersteuning aan vir alle Horizon 2020 programme

 
                                                               Vir ondersteuning in:
Indentifisering van H2020 oproepe
H2020 aansoek prosesse
Advies oor H2020 deelname
Kontak Lizél Kleingbiel
Ko-ordineerder: EU & ander internasionale befondsing geleenthede
E-pos:
 lizelk@sun.ac.za // x2105

Kliek hier vir meer befondsingsgeleenthede
WERKSWINKELS






 
Navorsingindaba

Die doel met die Indaba is om ‘n geleentheid te skep waar navorsers regoor die tien Fakulteite aan die US saam kan praat en verskillende opinies kan uitspreek rondom temas van gemeenskaplike belang. 

Datum:17 Oktober 2019
Tyd: 08:30 - 14:00 
Plek: STIAS 
Kontak: Fadwha Patel
 
KENNISGEWINGS

Nuwe US lesingsreeks bekendgestel: Forward with Research Impact
 
Die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) bied in samewerking met die Universiteitsmuseum `n nuwe lesingsreeks, Forward with Research Impact, aan. Dit sal op `n weeklikse basis vanaf 21 Augustus 2019 tot 20 November 2019 by die Universiteitsmuseum aangebied word en bestaan uit `n reeks middagete gesprekke/lesings wat fokus op die Universiteit se strategiese tema Navorsing met Impak. 
 
Forward with SU Researchers
Op soek na die konneksies:
Dr Rika Preiser

Lees meer hier
`n Pad met musiek: 
Prof Willemien Froneman
Lees meer hier 
 Luister na die lesing van Dr Rika Preiser oor
Re-humanising Complexity: Conceptual and practical implications for anticipating new frontiers in complex systems research
 Weens onvoorsiene omstandighede moet ons ongelukkig die WoensdagWys sessie van 4 September kanselleer. Ons hoop om u by die volgende sessies te sien! Kliek hier die volledige program

Stellenbosch Forum Lesing:
Dr Annie Bakker


26 September 2019
US Museum
Ryneveldstraat, 52
(13:00 - 14:00)

Geen bespreking is nodig nie

Forward with Research Impact Lesing: Prof Amanda Gouws

11 September 2019  - (13:00 - 14:00)
Kamer 1028 A&B, Ou Hoof Gebou 
RSVP: whitney@sun.ac.za
teen 9 September 

 
Prof Francis Vorhies
Kyk Prof Francis Vorhies se praatjie oor Wildlife and Conservation in Sustainable Economic Development

Senaat aanvaar mosie oor die transformasie van navorsing en wetenskap aan die US

Die Senaat van die Universiteit Stellenbosch (US) het sy steun toegesê aan 'n “toegespitste en daadwerklike langtermyn- institusionele reaksie" op die kwessies wat die onlangse omstrede vaktydskrifartikel oor ras en kognisie deur vyf US-akademici na vore gebring het.  Lees meer hier

Konflik van belange? Indien jy twyfel, verklaar!

Die US se Beleid oor Konflik van Belange maak spesifiek voorsiening vir die bekendmaking en behoorlike bestuur van enige potensiële konflikte van belange van sy lede. Die kernboodskap wat die beleid wil tuisbring is: Indien jy twyfel, verklaar!
 
Vir enige advies rakende die toepassing van die Beleid oor Konflik van Belange in u eie omgewing, kontak gerus Dr. Therina Theron, Senior Direkteur: Navorsing en Innovasie (ttheron@sun.ac.za) of Me. Cornelia Malherbe, Direkteur: Navorsingskontrakte, Afdeling Navorsingsontwikkeling (cvdm2@sun.ac.za). Lees meer hier

ANO-etiekgroep - Werkskadu

As deel van die ANO se verbintenis tot die Visie 2040 van die Universiteit Stellenbosch, vir die bevordering van kennis in diens van die samelewing, het ons Cee-Jaé Thomas, 'n graad 11-leerling van die Norman Henshilwood Hoërskool, verwelkom as deel van haar werkskadu-opdrag. Lees meer hier


 
Is jou profiel op die US Kennisgids opgedateer?
 
Die doel van die US Kennisgids is om inligting oor die kundigheid van ons navorsers meer toeganklik te maak deur middel van 'n webkonsole wat op die US se webwerf sal verskyn. Lees meer hier
 
NRF Rating
Wil u aansoek doen vir NNS evaluering? Kyk hierdie video vir meer inligting.
ANDER NAVORSINGVERWANTE STEUNDIENS-OMGEWINGS
Biblioteek en Inligtingsdiens


SUNScholarData institusionele navorsingsdatabewaarplek bekendgestel
SUNScholarData, ‘n institutionele navorsingsdatabewaarplek, is op 12 Augustus bekendgestel deur die Biblioteek- en Inligtingsdiens. Dit kan gebruik word vir die registrasie, argivering, deel en disseminasie van navorsingsdata wat onder die vaandel van Universiteit Stellenbosch geproduseer of versamel is. 
Lees asseblief meer oor SUNScholarData op die blog “Library Research News”. Volg asseblief die blog om op hoogte te bly van inligting oor navorsingsdatabestuur, en ander nuus wat verband hou met die Biblioteek se navorsingsteundienste.
                                                                                                                              


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.