Medicine
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Departement Geneeskunde

Afdeling Rumatologie

 

Die Afdeling Rumatologie by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe by die Universiteit Stellenbosch is hoofsaaklik 'n buitepasiënt gebaseerde diens. Daar word toestande wat varieer van fibromialgie tot vaskulities geassesseer en behandel. Dit word ondersteun deur 'n opdatum immunologie laboratorium en beeldingsdiens. Daar is ook rehabilitasiedienste sowel as maatskaplike ondersteuning beskikbaar. Die afdelintg is aktief betrokke met voor- sowel as nagraadse onderrig. Uitreikdienste word deur Dr Piek by Paarl Hospitaal gelewer in die Weskus area.
 
Hoof: Dr M Manie
Tel: +27 21 938 5527
Faks: +27 21 931 7810
E-pos: mou@sun.ac.za


Kontakbesonderhede

Tel: +27 21 938 5527 / +27 21 938 9074
Faks: +27 931 7442
Adres: Afdeling Rumatologie ; Departement Geneeskunde; Tygerberghospitaal, Francie van Zijllaan, Parow, 7505


Ander personeel

Personeel: Daar is drie konsultante, almal in deeltydse hoedanigheid:


Navorsings- en spesiale belange

  • Onderrig op voorgraadse- en nagraadse vlak
  • Aspekte van Sistiemiese Lupus Eritematose insluitend die genetika, oorlewing en sitokien interaksies.
  • Serologie van Rumatologiese toestande, veral Rumatoiede Artritis
  • Inflammatoriese miopatiëe