History
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Meesters

 

13463 – 879 (180)

MA (Geskiedenis)

 

Spesifieke Toelatingsvereistes

ʼn BA Hons in Geskiedenis. ʼn Slaagpunt van 65% word normaalweg vir die Honneurs vereis.

 

Programstruktuur

Aard van program

ʼn Tesis in Geskiedenis wat op oorspronklike, primêre bronnenavorsing berus, moet voltooi word.

Die program fokus op die verlede-werklikheid binne die spesialiteitsterreine wat deur die Departement aangebied word.

Verpligte module

12826 : Tesis (Geskiedenis) 871(180)

 

Assessering en Eksaminering

Die tesis word na voltooiing deur eksaminatore volgens die US se voorgeskrewe prosedures en standaarde beoordeel.

 

Navrae

Programkoördineerder: Dr Chet Fransch

Tel.: 021 808 2179​  E-pos: fransch@sun.ac.za