Die Stellenbosch Gimnasium is in 1866 gestig. Teen 1881 was dit bekend as Stellenbosch Kollege en Kollege Skool. Seen 1887 het dit bekend gestaan as Victoria Kollege. Sy naam het finaal verander na Stellenbosch Universiteit in 1918.
Vanaf 1880, Geskiedenis as vak was aanvanklik deur 'n professor van Moderne Tale (Nederlands, Frans, en Duits), Prof. Nicolaas Mansveldt aangebied. Die Departement Geskiedenis het in 1904 as onafhanklike departement totstand gekom. Sedertdien, het sy studentekorps eksponensieel gegroei onder die leierskap van 'n verskeidenheid professore wat ook as voorsitters opgetree: Prof E. C. Godée Molsbergen (1904-1910), Prof W. Blommaert (1910-1926), Prof S. F. N. Gie (1918-1926), Prof H. B. Thom (1931-1953), Prof J. A. Wiid (1926-1958), Prof P. J. van der Merwe (1938-1977), Prof D. J. Kotzé (1956-1985), Prof D. J. van Zyl (1966-1996), Prof P. H. Kapp (1986-1999) en Prof A. M. Grundlingh (2000-2015). Die huidige voorsitter is Dr. A. Ehlers.
Geskiedenis is 'n vak met vele dimensies, maar die sentrale fokus is om verandering oor tyd te bestudeer, beskryf en verklaar. Hoe ons verandering hanteer, in ons persoonlike lewens en in die grooter samelewing, word onder andere bepaal deur hoe goed ons ingelig is. Dié departement streef daarna om studente met die nodige intellektuele vaardighede toe te rus om die proses van verandering en die historiese debat te verstaan.
Ons is 'n dinamiese departement met 'n fokus op onderrig en navorsing en 'n lewendige belangstelling toon in alles wat was, en is...

|

|

|
 |
 |
 |

|

|

|
|
|
|