NUUS
US Afdeling Navorsingsontwikkeling skitter by navorsingsbestuurstoekennings
 
Drie personeellede van die Universiteit Stellenbosch (US) se Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) het  gesogte toekennings ontvang vir hulle bydrae tot navorsingsbestuur in Suider-Afrika by die jaarlikse DWI/SARIMA (Departement van Wetenskap en Innovasie/Southern African Research and Innovation Management Association) Uitnemendheid in Navorsing en Innovasie toekennings. Lees meer hier

Dr Therina Theron baan nou die weg vir navorsing en innovasie in Suider-Afrika
 
Dr Therina Theron, Senior Direkteur: Navorsing en Innovasie van die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) het nog `n uitdaging aangepak as deel van haar onderneming om kapasiteit binne die hoër onderwys navorsingsbestuursektor te bevorder. Sy het die leisels oorgeneem as President van SARIMA, `n lidmaatskap organisasie vir navorsing en innovasie bestuurders en administrateurs in die Suider-Afrika streek. 
Lees meer hier 
Navorsing by die Universiteit Stellenbosch 2018: Forward with SU Research

Die nuutste uitgawe van die jaarlikse publikasie Navorsing by die Universiteit Stellenbosch is nou beskikbaar. 
  Lees die aanlyn weergawe hier.
US se navorsingstatuur styg in wêreldwye ranglys

Internasionale aanhalings afkomstig uit die Universiteit se navorsing op verskeie vakgebiede het volgens die Times Higher Education (THE) wêreldranglys vir universiteite vir 2020 aansienlik toegeneem. Lees meer hier


Mash vereer vir sy bydrae tot huisartskunde

Professor Bob Mash, die Uitvoerende Hoof van die Departement Huisartskunde en Noodgeneeskunde, asook die hoof van die Afdeling Huisartskunde en Primêre Sorg, is vereer met een van die land se mees uitgelese mediese toekennings – 'n SAMA-toekenning vir sy vele jare van toewyding aan huisartskunde. Lees meer hier


Gewilde gesondheidsberoepe onderwys-artikel slaan toekenning los
 

'n Artikel wat deur twee kollegas aan die Sentrum vir Gesondheidsberoepe-onderwys (SGBO) in die Medical Education gepubliseer is, het aan hulle die Henry Walton-toekenning besorg.

Lees meer hier

 
Swartz ontvang ASSAf medalje vir wetenskap in diens van die samelewing

Oor die afgelope dekade het die studie van gestremdheid as 'n akademiese dissipline in Afrika, veral Suid-Afrika, geweldig uitgebrei, onder meer weens die toewyding van prof Leslie Swartz, 'n uitgelese Professor in Sielkunde aan die Universiteit Stellenbosch (US) .
Lees meer hier


Gertrud Meissner-toekenning vir TB navorser
 
Professor Grant Theron van die FGGW se Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika het onlangs die Gertrud Meissner-toekenning ontvang van die Europese Vereniging vir Mikobakteriologie (European Society for Mycobacteriology). Lees meer hier

Nasionale Navorsingstigting vier Suid-Afrikaanse Navorsingsuitnemendheid

 
Prof David Richardson en Prof Bert Klumperman het albei vir die derde keer hul NNS A-graderings ontvang. Die A-graderings word toegeken aan navorsers wat deur hul eweknieë onomwonde erken word as toonaangewende internasionale wetenskaplikes in hul onderskeie velde vir die hoë gehalte en impak van hul onlangse navorsingsuitsette.


Prof David Richardson

Lees meer hier


Prof Bert Klumperman

Lees meer hier

WERKSWINKEL
The Conversation bied weer gewilde werkswinkel in wetenskapskommunikasie aan.

The Conversation Africa bied op 21 November sy gewilde wetenskapskommunikasiewerkswinkel aan. Die 3-ure werkswinkel, van 09:00 – 12:00, kan gratis bygewoon word deur gevestigde akademiese personeel, na-doktorale genote en PhD-kandidate. 
Skakel met Martin Viljoen by tel 021 808 4921, e-pos media@sun.ac.za vir meer inligting en om jou plek te bespreek. 


Lees meer hier

BEFONDSINGSGELEENTHEDE

Kliek hier vir meer befondsingsgeleenthede
FORWARD MET US NAVORSERS

Nuwe US lesingsreeks bekendgestel: Forward with Research Impact
 
Die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) bied in samewerking met die Universiteitsmuseum `n nuwe lesingsreeks, Forward with Research Impact, aan. Dit sal op `n weeklikse basis vanaf 21 Augustus 2019 tot 20 November 2019 by die Universiteitsmuseum aangebied word en bestaan uit `n reeks middagete gesprekke/lesings wat fokus op die Universiteit se strategiese tema Navorsing met Impak. 
 
Prof Zsa-Zsa Boggenpoel - Om die reg verder te vat
Lees meer hier
Prof Gerhard Walzl – ‘n TB-navorser wat sy merk maak
lees meer hier 
 Luister na die lesing van Prof George Claassen oor
Countering pseudoscience and quackery in the media – a journalist’s moral dilemma
 Luister na die lesing van Prof Gerhard Walzl oor
Tackling unmet needs for tuberculosis care: tools for an imperfect world

 
Kyk Prof Prof Annie Bekker se Stellenboach Forum  praatjie oor
 " A wreck hunt and a ship at her limit."
Luister hier na nog interessante lesings.

Forward with Research Impact Lesing: Prof Quinette Louw

13 November 2019  - (13:00 - 14:00)
US Museum- Ryneveldstraat, 52
RSVP: whitney@sun.ac.za
teen 11 November 

 

Forward with Research Impact Lesing:  Prof Josephine Musango

20 November 2019  - (13:00 - 14:00)
US Museum- Ryneveldstraat, 52
RSVP: whitney@sun.ac.za
teen 18 November 

 
KENNISGEWINGS

Nuwe personeellid

Me Venita Januarie het op 1 Oktober 2019 as Koördineerder: Nasionale Navorsingstoekennings by die afdeling aangesluit. Mnr Nugent Lewis het voorheen hierdie posisie beklee totdat hy op 1 September as die nuwe Adjunk-Direkteur: Nagraadse Kantoor aangestel is. Venita het ʼn meestersgraad in Opvoedingsbeleidstudies aan die US verwerf en het by Canon Collins Educational and Legal Assistance Trust as Beursassistent gewerk voordat sy by ons aangesluit het.
Verklaring oor etiese navorsing en wetenskaplike publikasiepraktyke

Op 31 Julie 2019 het die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika (AWSA), die Raad vir Hoër Onderwys (RHO), die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), die Departement van Wetenskap en Tegnologie (DWT), die Nasionale Navorsingstigting (NNS) en Universiteite Suid Afrika (USAf) 'n gesamentlike verklaring oor etiese navorsing en wetenskaplike publikasiepraktyke uitgereik. As USF-lid is die Universiteit Stellenbosch ten volle ondersteunend van hierdie verklaring. Alle navorsers verbonde aan die US, hetsy werknemers, studente of besoekende navorsers, moet hulself vergewis van die inhoud daarvan en hierdie beginsels toepas in hul navorsing. Lees meer hier


 
Is jou profiel op die US Kennisgids opgedateer?
 
Die doel van die US Kennisgids is om inligting oor die kundigheid van ons navorsers meer toeganklik te maak deur middel van 'n webkonsole wat op die US se webwerf sal verskyn. Lees meer hier
 
ANDER NAVORSINGVERWANTE STEUNDIENS-OMGEWINGS
Biblioteek en Inligtingsdiens


SUNScholarData nou operasioneel
SUNScholarData is ‘n institusionele navorsingsdatabewaarplek wat gebruik kan word vir die registrasie, argiefberging, deel en verspreiding van navorsingsdata wat gegenereer of versamel is vir navorsing gedoen onder die vaandel van die Universiteit Stellenbosch. Die bewaarplek het ‘n oop gebruikerskoppelvlak vir die soek en vind van data, sowel as geslote gebruikersrekeninge waar Universiteit Stellenbosch gebruikers kan aanteken om hul navorsingsdata op te laai, te deel of te publiseer. Universiteit Stellenbosch navorsers kan ook SUNScholarData gebruik as gesamentlike werkspasie om met navorsers van ander instansies saam te werk aan navorsingsprojekte.

SUNScholarData biblioteekgids
Die SUNScholarData biblioteekgids is ‘n webblad wat die gebruik van die SUNScholarData institusionele navorsingsdatabewaarplek ondersteun. Die gids bestaan uit die volgende elemente:
  1. ‘n Portaal na SUNScholarData
  2. ‘n Beskrywing van SUNScholarData sowel as die redes en vereistes vir die publiseer van navorsingsdata in die bewaarplek
  3. ‘n Versameling stap-vir-stap gidse vir die gebruik van SUNScholarData
  4. Wenke ten opsigte van die voorbereiding vir data vir publikasie in SUNScholarData
  5. ‘n Beskrywing van dienste wat die gebruik van SUNScholarData ondersteun
  6. Bestuursdokumentasie wat die gebruik van SUNScholarData reguleer
Navrae: Samuel Simango (E-pos: ssimango@sun.ac.za ; tel: 021-8089489)
ORCID @ US 
 
Soos jy reeds weet, is Universiteit Stellenbosch vanaf 2015 ’n lid van die Open Researcher and Contributor ID (ORCID) netwerk. Universiteit Stellenbosch nooi jou uit om jou ORCID iD met jou universiteitsrekord te skakel ten einde die integrasie van ORCID iDs oor stelsels heen op ’n beheerde manier moontlik te maak.
 
 


Terwyl dit verpligtend is om ‘n ORCID iD te hê wanneer jy aansoek doen vir NNS-befondsing of -evaluerings, wil ons graag vra dat jy jou ORCID iD met die Universiteit Stellenbosch integrasie koppel wanneer jy ‘n iD skep. Indien jy reeds oor 'n ORCID iD beskik, teken asseblief hier op jou rekening aan en skakel jou ORCID iD met jou universiteitsrekord.


Navrae: Kontak jou Fakulteitsbibliotekaris of
Marié Roux, tel.: 021-8089917.
                                                                                                           


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.