Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Dr Therina Theron baan nou die weg vir navorsing en innovasie in Suider-Afrika
Outeur: Afdeling Navorsingsontwikkeling | Division for Research Development
Gepubliseer: 19/09/2019

Dr Therina Theron baan nou die weg vir navorsing en innovasie in Suider-Afrika

 

Dr Therina Theron, Senior Direkteur: Navorsing en Innovasie van die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) het nog `n uitdaging aangepak as deel van haar onderneming om kapasiteit binne die hoër onderwys navorsingsbestuursektor te bevorder. Sy het in September 2019 vir `n twee jaar termyn die leisels oorgeneem as President van SARIMA, `n lidmaatskap organisasie vir navorsing en innovasie bestuurders en administrateurs in die Suider-Afrika streek.  Dr Theron het voorheen drie termyne gedien op die SARIMA uitvoerende komitee, insluitend een termyn as vise-president vir kapasiteitsbou. Sy is formeel verwelkom as President by die jaarlikse SARIMA konferensie wat aan die begin van September gehou is.

 

“Ek voel geweldig geëerd om die Suider-Afrika navorsing en innovasiebestuur gemeenskap in hierdie kapasiteit te dien. Die posisie sal my ook in staat stel om die US se navorsing en innovasie netwerke met Afrika vennote te bevorder en te versterk."

 

Dr Theron se loopbaan in navorsingsbestuur het in 2004 by die Universiteit van Kaapstad begin. Sedert 2008 is sy die Senior Direkteur: Navorsing en Innovasie by die Universiteit Stellenbosch. Sy het ondervinding in navorsingsverwante strategiese beplanning, beleidsformulering en –implementering, sowel as die vestiging en ontwikkeling van effektiewe navorsing en innovasie ondersteuningsisteme. Onder Therina se leierskap is die Universiteit Stellenbosch ook die projekleier in die StoRM projek (Strengthening of Collaboration, Leadership and Professionalisation in Research Management in SADC and EU) van die Erasmus+ Program van die Europese Unie. Die projek bestaan uit `n internasionale konsortium van elf vennoot instellings en was een van die eerste Erasmus+ projekte wat gelei word deur `n Suid-Afrikaanse koördineerder. Een van die StoRM projek se uitkomste is die ontwikkeling van `n nuwe nagraadse diploma vir navorsingsbestuurders en –administrateurs, wat die eerste inname van studente by CREST sal neem in 2020.

Die ANO sal verdere leierskapsondersteuning vir SARIMA bied met die verkiesing van Dr Natasha Mothapo as `n lid van die SARIMA Uitvoerende Komitee vir die volgende twee jaar. Dr Mothapo is passievol oor kapasiteitsbou in die akademie om sodoende nie net Afrika-navorsing en navorsersvermoëns te verbeter nie, maar ook om die oorgang van navorsing na industrie te ondersteun. Sy is tans die Hoof: Na-doktorale Navorsingsondersteuning by die Afdeling Navorsingsontwikkeling. “Ek is oorweldig deur die vlak van ondersteuning om verkies te word tot die komitee, veral omdat ek `n nuweling is in navorsingsbestuur. Alhoewel ek baie betrokke was by universiteitsprosesse en na-doktorale genote en nagraadse studente in my leierskapsposisies in hierdie kapasiteite, het ek nie oorspronklik aan navorsingsbestuur as `n toekomstige loopbaan gedink nie. Ek is dankbaar vir die SARIMA gemeenskap wat gewys het dat hulle in my glo om hierdie rol te vervul. My passie is Afrika, Afrika-ontwikkeling in navorsing, navorserkapasiteitsbou en die vorming van `n innoverende navorsingskultuur in die Afrika universiteit. Ek sal graag in my rol op die komitee wil fokus op navorsingsontwikkeling, kapasiteitsbou en innovasie. Ek glo dat die kontinent `n rykdom van geleenthede inhou. Ek is opgewonde om te leer en te groei".


Vir meer inligting oor SARIMA, besoek www.sarima.co.za