
Lede van die SUNFin-span van finansies, informasie tegnologie en fakulteitsbestuur, asook lede van Visions, ons implementeringsvennoot, het die Iterasie 1-werkswinkels in November bygewoon.
Die spanleier

Manie Lombard, Hoofdirekteur: Finansies, lei die SUNFin implimenteringsprojek en is die voorsitter van die SUNFin bestuurskomitee.
Die bestuurskomitee bestaan uit verteenwoordigers van Finansies, Inligtingstegnologie, Fasiliteitsbestuur, Inligtingsbestuur, Navorsing en Ontwikkeling, Interne en Eksterne Ouditeure, Visions, Oracle en die SUNStudent-projek. ‘n Projek-implimenteringskomitee ondersteun die bestuurskomitee.
Lancia Richard-Chetty is SUNFin se projekbestuurder by die US.
Kontak haar by
lancia@sun.ac.za
Implementeringsvennoot: Visions
SUNFin se implementeringsvennoot is Visions. Visions is in 1995 gestig en is ‘n Suid-Afrikaanse maatskappy met filiale in Groot Brittanje.
Visions is ‘n Goue Vennoot van Oracle, die sagteware-verskaffer van SUNFin, en ‘n voorkeur-vennoot in Hoër Onderwys regoor Europa, die Midde-Ooste en Afrika (EMEA). Die konsultasiemaatskappy bedien universiteite in hierdie lande en is ‘n betroubare raadgewer vir baie kliënte van hoër onderwys.
Visions het diepgaande kennis van Suid-Afrikaanse hoër onderwys vereistes en prosesses, ‘n bewese record van suksesvolle implementerings binne universiteite en het plaaslike kundigheid, asook ‘n plaaslike voetspoor. Visions neem deel aan gesprekke met institusies en owerhede rakende wetgewende en statutêre vereistes vir hoër onderwys.
Linda Keating is die projekbestuurder vir Visions. Sy is ook die spanleier vir die Visions implementeringswerkstroom.

Karen Strauss van Visions, veranderingsbestuurder op die SUNFin-projek. Sy is die leier van die veranderingsbestuur-werkstroom.
Kontak haar by kstrauss@sun.ac.za
Werkstrome
Sewe inter-afdeling werkstrome - besigheidsoptimisering, IKT-argitektuur, data, toetsing, opleiding, veranderingsbestuur en visie-implementering - is op die been gebring om die weg vir implementering te baan. Die werkstrome verbeter begrip en samewerking tussen die afdelings en skep 'n gevoel van gemeenskap onder die verskeie omgewings.
Sagteware-verskaffer: Oracle
Oracle is een van die beste sagteware-verskaffers en bied ‘n omvattende portfolio van oplossings vir maatskappye van verskillende groottes. Oracle ERP Cloud is vir die derde agtereenvolgende jaar deur die wêreldbekende navorsings- en raadgewende onderneming Gartner aangewys as leier in hul “Magic Quadrant for Cloud Core Financial Management Suites for Midsize, Large and Global Enterprises". Die verskaffer het meer as 25 jaar ondervinding in hoër onderwys en bedien meer as 11 miljoen studente.
Oracle het:
- 25 000 aktiewe gebruiker-groeplede;
- kliënte in 47 lande;
- meer as 1 600 hoër onderwys aansoek-kliënte; en
- meer as 11 000 hoër onderwys tegnologie kliënte.
Die maatskappy belê jaarliks meer as $5 miljard in navorsing en ontwikkeling.
Oracle deel beste praktyke en benut tegnologieë in verskeie industrieë vir oplossings, bied die maatskappy ondersteuning op 'n 24/7-grondslag. Die maatskappy het 19 datasentrums wêreldwyd en groei steeds. Die maatskappy werk met instellings van alle soorte en groottes.