SUNFin
Welkom by Universiteit Stellenbosch



​​​​
SUNFin:
Die US se nuwe finansiële administratiewe stelsel


SUNFin is die Universiteit van Stellenbosch (US) se nuwe finansiële administratiewe stelsel. Dit word in Junie 2023 geïmplimenteer, in dieselfde jaar as SUNStudent, die nuwe administratiewe stelsel. 

Die nuwe stelsel maak gebruik van die Oracle® Cloud Financials (OCF) oplossing om die bestaande Natural Adabas-gebaseerde finansiële stelsel te vervang. SUNFin gaan die US se finansiële funksie moderniseer en ‘n tegnologiese platform bied wat voortdurende innovasie en die beklemtoning van hierdie noodsaaklike funksie in die toekoms sal ondersteun. Dit sal die Universiteit se gedesentraliseerde bestuursmodel vir die verantwoordelikheidsentrum moontlik maak en ondersteun.

Oracle® Cloud Financials (OCF)  is ‘n omvattende, geïntegreerde en skaalbare finansiële oplossing. Dit sal die US se finansiële prosesse vaartbelein maak, produktiwiteit verhoog en toegang bied tot werklike finansiële data en multidimensionele analyses en verslagdoening om beter besigheidsbesluite te kan neem. 

​Hoekom het die US SUNFin nodig?

Die US se huidige finansiële stelsel is in 1989 ontwikkel en het nou die einde van sy lewensiklus bereik. Dit kan nie meer doeltreffend opgegradeer of in stand gehou word nie.
 
SUNFin bied die nodige instrumente vir elke fakulteit en afdeling om hul finansiële volhoubaarheid doeltreffend te bestuur. ​
 
Ons bevind onsself in ‘n besigheidsomgewing waar data koning is. Die US moet die doeltreffendhede en krag wat ‘n moderne finansiële stelsel kan bied, ontsluit. Akkurate en intydse data wat aangebied word in die vorm van gebruikersvriendelike analises en paneelborde sal verseker dat beter ingeligde en doeltreffende institusionele besluite geneem kan word. ​

Totsiens swart skerm. Hallo SUNFin

Soos met elke nuwe stelsel, bring SUNFin ook opwindende veranderinge mee wat die US en sy gemeenskap van gebruikers gaan bevoordeel. Hier is sommige van die nuwe stelsel se hoogtepunte:
 
  • Die Oracle Social Networking ingeboude samewerkingsinstrument sal verseker dat gebruikers intyds kan konnekteer om uitstaande transaksies af te handel danksy 'n ingeboude samewerkingsinstrument: Oracle Social Networking
  • Die integrasie van sigblaaie met SUNFin vir die invoer van hoë volume data en die vermoë om verslae en transaksie-tabelle na Excel uit te voer vir die verdere ontleding van groot hoeveelhede data.
  • Robuuste verslagdoening en analises sal voortdurende insig direk aan besigheidsbestuurders en besluitnemers lewer. Kostesentrumbestuurders sal begrotings, verbintenisse, verpligtings, uitgawes en beskikbare fondse en ondersteunende transaksies in ‘n enkele siening kan besigtig.
 
Oracle sal die SUNFin-stelsel op ‘n aparte perseel huisves. Die US sal toegang tot SUNFin verkry deur ‘n veiligte kommunikasie-protokol wat Oracle voorsien.



   
Kontak ons


 

 
of

 
Linda Keating
(projekbestuurder):
linda.keating@visions.co.za​