Facebook
Website
YouTube
RSS
NUUS
Drie US-navorsers ontvang toptoekennings

Dr Richard Walls en proff Christine Lochner en Conrad Matthee is as die wenners in hul onderskeie kategorieë aangewys tydens die  jaarlikse Nasionale Wetenskap en Tegnologie Forum (NWTF)/South32-toekennings. Lees meer hier

Fogarty-toekenning sal lig werp op TB-meningitis in kinders

Dr Karen du Preez, ʼn kliniese navorser by die Desmond Tutu TB-sentrum se Pediatriese TB-navorsingsgroep, het onlangs ʼn toekenning van ongeveer R9 miljoen ($540 000) ontvang van die Nasionale Instellings vir Gesondheid (NIH) in die VSA vir ʼn projek wat lig sal werp op tuberkulose meningitis (TBM) in kinders. Lees meer hier
 

Internasionale erkenning vir navorsing oor pikkewynparasiete

​Dr Marcela Espinaze, 'n nadoktorale genoot in biowiskunde by die Universiteit Stellenbosch, is gekies deur Cambridge University Press se vaktydskrif Parasitology vir die 2020 Early Career Researcher award vir die beste navorsingsartikel wat in 2019 in die vaktydskrif gepubliseer is. Lees meer hier

SA klimaatsveranderingnavorser kry Britse Ekologiese Vereniging-toekenning

Die Britse Ekologiese Vereniging se Marsh-toekenning vir navorsing oor klimaatsverandering is aan professor Wendy Foden, 'n navorsingsleier op die gebied van die assessering van klimaatsveranderingskwesbaarheid van bedreigde spesies, toegeken. Lees meer hier

US-navorser ontvang gesogte internasionale navorsingsbeurs

Prof Nuraan Davids, verbonde aan die Universiteit Stellenbosch se departement Opvoedingsbeleidstudie in die Fakulteit Opvoedkunde, is die ontvanger van 'n gesogte navorsingsbeurs van die Sentrum vir Gevorderde Studie in Gedragswetenskappe (CASBS) by die Stanford-universiteit in die VSA. Lees meer hier

Dekaan van die Ingenieurswese, prof Wikus van Niekerk, ontvang buitengewone eer

Die dekaan van die Fakulteit Ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch, prof Wikus van Niekerk, het die uitstaande eer ontvang om tot 'n Eregenoot van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Meganiese Ingenieurs (SAIMegI) verkies te word. SAIMegI is die hoogste liggaam wat die dissipline van meganiese ingenieurswese in Suid-Afrika verteenwoordig en is in 1892 gestig. Lees meer hier

Weens die COVID-19-pandemie sal hierdie uitgawe tans net in elektroniese formaat beskikbaar wees. Klik hier om die virtuele weergawe te lees.
BEFONDSINGSGELEENTHEDE
Die Universiteit Stellenbosch Open 4 Research befondsingsportaal vir die identifisering van internasionale navorsingsbefondsingsgeleenthede.

Kliek hier vir meer befondsingsgeleenthede


Vir navrae, kontak research@sun.ac.za 
ANDER NAVORSINGVERWANTE STEUNDIENS-OMGEWINGS
                                                                                       
   US Internasionaal  *     Nagraadse Kantoor   * Biblioteek en Inligtingsdiens 
#SmartResearcher Biblioteek webinars 

Bespreek gerus vir die webinars wat gedurende September deur die Biblioteek aangebied word as deel van die #SmartResearcher reeks.

Die volgende diverse onderwerpe sal onder meer aangebied word: Hoe om jou literatuursoektogte te verbeter, Oop Toegang publikasie, die bestuur van jou unieke outeursidentiteit met behulp van ORCID, besluitneming oor waar om jou navorsingsartikel te publiseer, die oplaai van jou tesis tot SUNScholar en hoe om jou impak as navorser te verbeter.

Sien asseblief die volledige program en die skakels om te registreer hier: https://sun.ac.za.libcal.com/calendar/stb.

US International
ADA Aanlyn Lenteskool 2020 Aansoek oop
Die ADA bied vanjaar sy tweede, volledig aanlyn doktoraleskool, lenteskool, aan met drie weeklange kursusse wat van 14 - 18 of 21 - 25 September plaasvind en een kursus wat tussen 14 en 25 September 2020 plaasvind. Hierdie kursusse, sal soos altyd, hoë impak navorsingsontwerp en -metodologie opleiding bied, en akademiese loopbaanontwikkeling vir navorsers in die laatfase-meestersfase, doktorale kandidate (huidige en voornemende) en hul studieleiers. Lees meer hier
KENNISGEWINGS

Die evaluering van individue is primêr gebaseer op die kwaliteit van hulle mees onlangse navorsingsuitsette. Die evaluering word onderneem deur nasionale en internasionale beoordelaars wat versoek word om die navorsing wat voltooi is gedurende die evaluasieperiode, noukeurig te ondersoek. Klik hier vir meer inligting

 
Is jou profiel op die US Kennisgids opgedateer?

Die doel van die US Kennisgids is om inligting oor die kundigheid van ons navorsers meer toeganklik te maak deur middel van 'n webkonsole wat op die US se webwerf sal verskyn. Lees meer hier
Bly op hoogte van alle navorsingsverwante oproepe en -aankondigings.
  • Klik hier om in te teken op ons e-poslys vir bevondsingsoproepe / werkswinkels ens.
  • Klik hier om in te teken op ons e-poslys vir publieke lesings.
 ANO navorsingsverwante inligtingspakket
 
Die Afdeling Navorsingsontwikkeling (ANO) het die navorsingsverwante inligtingspakket aan dekane, vise-dekane: navorsing en departementele voorsitters versprei. Dit is die sesde jaar waarin hierdie omvattende inligtingstel saamgestel is. Hierdie boekie bevat 'n kort oorsig van navorsingsaktiwiteite en bevat slegs inligting waarvan die Afdeling Navorsingsontwikkeling die eienaar is (inligting oor nagraadse beurse, studente afgelewer, ens. vorm nie deel van die boekie nie). Dit bevat statistieke oor uitsette van navorsingspublikasie, inligting oor befondsing wat bekom is, NNS-graderings, etiese toepassings, en bevat ook algemene inligting oor die DRD-funksies en -dienste.   
Lees meer hier
 
Meningsartikel
 
Wat hou die toekoms vir universiteite ná COVID-19 in?

Wat hou die toekoms vir universiteite ná COVID-19 in? Dit is 'n brandende vraag in hoër onderwys op die oomblik. Die koronaviruspandemie het die sektor in beroering gebring en dwing universiteite om hul huidige situasie en toekomsplanne opnuut te deurdink. Lees Prof Wim De Villiers se meningsartikel hier.

PODSENDING
Die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs sy eie podsending-kanaal, talks @ stellenboschuni, bekendgestel om 'n platform te bied vir US-navorsers om hul werk buite die tradisionele vorme van akademiese diskoers te bespreek. Luister hier na hul insiggewende gesprekke.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.