NUUS
Maties onder SA se jong baanbrekers
Drie huidige en vyf eertydse Maties is onder vanjaar se 200 merkwaardige jong Suid-Afrikaners (jonger as 35) wat deur die Mail & Guardian in sy jaarlikse uitgawe van '200 Young South Africans' uitgelig word as presteerders op gebiede soos opvoeding, gesondheid, kuns en vermaak, geregtigheid en die reg, politiek en sport. 
 

FGGW raap drie Discovery-stigting toekennings op
.
Drie akademici van die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe was die ontvangers van 2019 Discovery-stigting Toekennings.

Lees meer hier
 
 



 
Vier US-navorsers ding mee om NWTF-toekennings
.
Vier navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US) het as finaliste om die jaarlikse Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NWTF)/South32-toekennings (of te wel die NSTF/South32 Awards) meegeding. Volgens die organiseerders is dit 'n besondere eer om as finalis benoem te word, gegewe die gehalte van die nominasies wat elke jaar ontvang word, die felle mededinging en die toenemende belangstelling uit die WETI-gemeenskap.

Lees meer hier


L
ess meer hier

Navorsing behoort sosiale geregtigheid, menswaardigheid te bevorder
 

Navorsing, veral sosiaal-wetenskaplike studies, moet daarop gemik wees om sosiale geregtigheid en menswaardigheid te bevorder. 

Só het prof Pumla Gobodo-Madikizela, bekleër van die navorsingsleerstoel vir Historiese Trauma en Transformasie aan die Universiteit Stellenbosch (US) gesê by die derde Stellenbosch Forum-lesing van 2019 by die US Museum. Die titel van haar aanbieding was Making the Invisible Visible: Rethinking Reflexivity in Research.

Lees meer hier


Making the Invisible Visible: Rethinking Reflexivity in Research.
GELEENTHEDE

Indiening van Kreatiewe Uitsette vir subsidie-doeleindes
 
Navorsers het nou die geleentheid om hulle kreatiewe uitsette in te dien by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) vir formele erkenning en subsidie-doeleindes.
Die sluitingsdatum vir indien van hierdie uitsette is Vrydag, 19 Julie 2019.
 
Voltooi asb. die aanlyn vorm vir elke indiening hier.
 
Toekomstige professorsprogram: Oproep vir aansoeke
 
Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) doen 'n beroep op belowende vroeë-loopbaan akademici om aansoek te doen om deel te wees van 'n transformerende program wat daarop gemik is om die volgende kohort van Suid-Afrikaanse professore te produseer.

Lees meer hier 
BEFONDSING
Stel u belang in navorsing en innovasie befondsing vir Europese samewerking?

ANO bied toegewyde ondersteuning aan vir alle Horizon 2020 programme
 
 
                                                                Vir ondersteuning in:
Indentifisering van H2020 oproepe
H2020 aansoek prosesse
Advies oor H2020 deelname
Kontak Lizél Kleingbiel
Ko-ordineerder: EU & ander internasionale befondsing geleenthede

E-pos: lizelk@sun.ac.za // x2105

Kliek hier vir meer befondsingsgeleenthede
WERKSWINKELS
Projekbestuur
 
Die basiese projekbestuursvaardighede wat ontwikkel word sal toepaslik wees op die effektiewe beplanning en bestuur van navorsingsprojekte, en is vaardighede wat ook goed aangewend kan word vir die voorbereiding van kompeterende navorsingsprojekvoorstelle.

 Datum: 16 Julie 2019
Tyd: 08:30 - 16:00 
Plek: STIAS 
Kontak: Fadwha Patel
 
NNS Evaluering
 
Hierdie interaktiewe werkswinkel handel oor die NNS se evalueringsproses. Die fokus is om navorsers se spesifieke vrae rondom die evalueringsproses aan te spreek en ook hoe om die aanlyn aansoek te voltooi.
 
Datum: 1 Augustus 2019 
Plek: STIAS 
Tyd: 08:30 - 15:00 

Vir registrasie kontak: 
Fadwha Patel 

 
 

 
Women’s Advancement Forum: International Exchanges, Research & Academia 
 
Die Afrika-instituut vir Wiskundige Wetenskappe, in samewerking met die Pan-Afrika-netwerk vir die Popularisering van Wetenskap en Tegnologie en Wetenskapkommunikasie in Afrika, beplan om 'n drie-dag lange werkswinkel aan te bied wat minstens 150 vroue in STEM-akademie en navorsing bymekaar sal bring.
 
Kliek hier vir meer werkswinkels
KENNISGEWINGS

 
Die evaluering van individue is primêr gebaseer op die kwaliteit van hulle mees onlangse navorsingsuitsette. "Onlangs" in die konteks van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) evalueringstelsel, verwys na uitsette van die afgelope agt jaar. Die volgende rondte vir NNS evaluering sal in September 2019 oopmaak en verwys na uitsette tussen 1 Januarie 2012 en 31 Desember 2019. Die evaluering word onderneem deur nasionale en internasionale beoordelaars wat versoek word om die navorsing wat voltooi is gedurende die evaluasieperiode, noukeurig te ondersoek.
 

Spesiale Lesing: Besoekende Professor John Brewer

Rethinking the Public University in Societies Emerging out of Conflict 

8 Augustus 2019, US Museum
(13:00 - 14:00) geen bespreking nodig

Middagete-inligtingsessies 

Navorsingskontrakte en Begrotings  

7 Augustus 2019
(13:00 - 14:00), 1012 Wilcocksgebou


Lees meer hier


Is jou profiel op die US Kennisgids opgedateer?

Die doel van die US Kennisgids is om inligting oor die kundigheid van ons navorsers meer toeganklik te maak deur middel van 'n webkonsole wat op die US se webwerf sal verskyn.

Lees meet hier
 
MENINGSTUKKE

Afrika-universiteite benodig strukture om die impak van toelaes te evalueer en te meet

Evaluering is 'n kritiese hulpmiddel vir besluite oor die verbetering van prestasie. Dit verseker ook dat Afrika-universiteite waarde vir geld verdien uit toelaes, skenkings en dies meer.

Lees meer hier


ANDER NAVORSINGVERWANTE STEUNDIENS-OMGEWINGS
                                                                                                         
Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.