Facebook
Website
YouTube
RSS
NUUS
US vereer akademici met Navorsingsuitsette-toekennings

Die Universiteit Stellenbosch se jaarlikse toekenningsgeleentheid vir Navorsingsuitset toekennings is virtueel gehou op Vrydag 5 Februarie 2021. Hierdie toekennings is gemaak aan US navorsers wat die grootste bydrae gemaak het tot geakkrediteerde publikasies (gebaseer op geouditeerde publikasie statistieke van die 2018-uitsetjaar) en doktorsgrade afgelewer (Desember 2019/Maart 2020 gradeplegtighede). Lees meer

FGGW-navorser se loopbaan kry hupstoot met ‘Future Professors’-program

Ondanks vele struikelblokke op sy pad, het dr Tongai Maponga van die Afdeling Geneeskundige Virologie aan die Universiteit Stellenbosch (US) nog altyd daarin geglo om doelgerig vorentoe te kyk.

Sy loopbaan gaan nou 'n stewige hupstoot kry nadat hy gekies is om aan die nasionale 'Future Professors Programme (FPP)' deel te neem. Lees meer

Prof English gaan sleutelrol in globale gesondheid speel

​Prof René English is onlangs gekies as 'n lid van die Subkomitee vir Meesters en Voorgraadse Programme in Globale Gesondheid (SMUDGH) van die Consortium of Universities for Global Health (CUGH). Lees meer

 

US-wynnavorser ontvang Franse ridderskap

Die Franse regering het vir wynmikrobioloog prof. Benoit Divol van die Universiteit Stellenbosch met 'n seremoniële ridderskap, die Chevalier dans l'Ordre du Mérite Agricole (of Ridderskap in die Orde vir Landbou) vereer. Lees meer

 

Thuli Madonsela ontvang hoogste Franse eerbewys

​Prof Thuli Madonsela, bekleër van die Fakulteit Regsgeleerdheid se navorsingsleerstoel in sosiale  geregtigheid aan die Universiteit Stellenbosch, is deur die Franse President, mnr Emmanuel Macron, aangestel as Chevalier (Kavalier) in die Franse Nasionale Orde van die Erelegioen, oftewel die Ordre national de la Légion d'honneur. Lees meer

Navorsingsbrongoskopie-suite ontsluit belangrike navorsingsgeleenthede

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) het onlangs die bekendstelling van die Biomediese Navorsingsinstituut (BMRI) Navorsingsbrongoskopie-suite gevier, wat in die Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika gehuisves is.

"Die BMRI Navorsingsbrongoskopie-fasiliteit sal die weg baan vir siekteliggingsnavorsing vir longsiektes, veral tuberkulose," het prof Gerhard Walzl, hoof van die Afdeling Molekulêre Biologie en Mensgenetika gesê tydens die bekendstelling. Lees meer

Prof Oonsie Biggs ontvang A-evaluering van NNS

Prof Reinette (Oonsie) Biggs, die bekleër van die DWT/NNS Navorsingsleerstoel in Sosio-ekologiese Stelsels en Veerkragtigheid, het onlangs 'n A-evaluering van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ontvang, 'n eerste vir die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Lees meer

Ekonomie-navorser ontvang hoogste postdoktorale navorsingsgradering

Dr Nic Spaull van die Universiteit Stellenbosch se Departement Ekonomie het vandeesweek 'n P-gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NNS) ontvang. Dit is die hoogste moontlike gradering vir postdoktorale navorsers in Suid-Afrika. Lees meer

Pioniersnavorser van die Universiteit Stellenbosch behaal A1 NNS-gradering

Die bekende rekenaarwetenskaplike, prof. Andries Engelbrecht, het 'n A1-gradering van die Nasionale Navorsingstigting ontvang. Dit is die hoogste haalbare gradering op die NNS se graderingstelsel. Lees meer

Weens die COVID-19-pandemie sal hierdie uitgawe tans net in elektroniese formaat beskikbaar wees. Klik hier om die virtuele weergawe te lees.
BEFONDSINGSGELEENTHEDE
Horizon Europe is die nuwe EU-raamwerkprogram van € 90 miljard vir navorsing en innovasie, wat strek van 2021 tot 2027. Om sy ambisieuse wetenskaplike, maatskaplike en ekonomiese doelstellings te bereik, en om die impak van die finansiële belegging te maksimeer, moet die program die beste navorsers lok en die mees innoverende maatskappye. Suid-Afrika neem deel as 'n derde land en baie navorsers aan die US het suksesvol aan die vorige Horizon 2020 deelgeneem.

Die eerste werkprogramme sal na verwagting teen April 2021 gepubliseer word. Die eerste oproepe sal open sodra die werkprogramme gepubliseer is.
 
Vir meer inligting: kontak Lizél Kleingbiel by lizelk@sun.ac.za
Open4Research is 'n internasionale navorsingsfinansieringsportaal wat toeganklik is vir al ons US-navorsers. Die US teken in op hierdie portaal en u benodig slegs u @sun-e-posadres om toegang te verkry. U kan Open4Research soveel keer besoek as wat u wil.
 
Die US is tans een van die top 3 universiteite met die meeste besoeke aan Open4Research (8781 in 2020).

Hoe om navorsingsbefondsing te vind:
1. Registreer by www.open4research.eu/stellenbosch
2. Kliek op  “Search for funding” (of “Browse funding”)
3. Onder “Keyword”,tik jou vakrigting in bv. “climate change” 
4. Filtreer by “Funding type” bv. “Grant” 
5. Filtreer verder by “Deadline” (of gebruik enige ander filters)
Vir navrae, kontak research@sun.ac.za 

Vir meer inligting: kontak Lizél Kleingbiel by lizelk@sun.ac.za
 
ANDER NAVORSINGVERWANTE STEUNDIENS-OMGEWINGS
                                                                                       
 US Internasionaal *      Nagraadse Kantoor  * Biblioteek en Inligtingsdiens 
 
US Internasionaal

Met 'n uitgebreide netwerk van vennootinstellings op ses kontinente, verander die Universiteit Stellenbosch nie net die lewens van sy studente nie, maar ook sy personeel. Ten spyte van die voortdurende impak van COVID-19 op internasionale reise, word US-personeel die geleentheid gebied om verskillende internasionale virtuele personeelgeleenthede by te woon.

Hier is 'n paar virtuele geleenthede vir US-personeel deur sommige van ons netwerke en vennootuniversiteite.

Nagraadse Kantoor
Die Nagraadse kantoor het hierdie publikasie voorberei om u 'n oorsig te gee van belangrike onderwerpe wat verband hou met die praktikaliteite van nagraadse studies en navorsing aan die US. Lees meer
Biblioteek en Inligtingsdiens
Die Biblioteek se #SmartResearcher werkswinkels sal voortgaan om in webinar formaat aangebied te word in 2021. Maart se webinare begin met Nuttige hulpmiddele en toepassings vir navorsing, daar sal ook twee induksie sessies aangebied word vir nuwe nagraadse studente en personeel, sowel as twee webinare oor navorsingsdatabestuur. Die Mendeley werkswinkels is steeds baie gewild en word elke maand aangebied. Jy kan egter ook elke week hulp vind by die korter Mendeley Mondays webinare. Die laaste webinar van die maand sal handel oor hoe om tesisse te formateer in MS Word.
 
Sien asseblief die volledige program hier of bespreek deur middel van die Biblioteek se Opleidingskalender.
 
Navrae: Marié Roux
Skep & Bestuur Kursusleeslyste in SUNLearn vir Dosente
 
In lyn met moderne tendense in hoër onderwys en om afstandsleer te ondersteun, het die Biblioteek- en Inligtingsdiens, in noue samewerking met akademiese departemente en die Sentrum vir Leertegnologieë, gedurende die laaste kwartaal van 2020 'n aanlyn Kursusleeslysstelsel geïmplementeer. Kursusleeslyste, aangedryf deur Leganto van Ex Libris, stel dosente in staat om die leeslyste vir hul kursusse vanuit SUNLearn te bou en te bestuur. Lees meer omtrent die stelsel se voordele vir jou as fasiliteerder van ‘n kursus en vir jou studente.

Registreer om een van die volgende groepsopleidingsessies via MS Teams by te woon:
Woensdag, 3 Maart (09:00 - 10:30)
Woensdag, 10 Maart (09:00 - 10:30)

OF
Om op jou eie met jou leeslys te begin, volg die stap-vir-stap instruksies.
OF
Vir navrae of spesifieke opleidingsbehoeftes, kontak jou Fakulteitsbibliotekaris of Natasja Malherbe (Bestuurder: Digitale Biblioteekstelsels)  |  Tel: +27 21 808 2845.
KENNISGEWINGS
Indiening van Kreatiewe Uitsette vir subsidie-doeleindes
 
Navorsers het nou die geleentheid om hulle kreatiewe uitsette in te dien by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) vir formele erkenning en subsidie-doeleindes.
Die interne sluitingsdatum vir indien van hierdie uitsette is 1 Junie 2021.

Voltooi asb. die aanlyn vorm vir elke indiening: Klik hier

Let op dat die name en kontakbesonderhede van twee eweknie beoordelaars ook verskaf moet word in die aanlyn aansoek.

Die databank Figshare is beskikbaar as platform om 'n skakel van die uitset te deel.

Kontakpersoon vir algemene navrae:
Esmari Huysamen                                      (021 808 4914; esmarih@sun.ac.za)
Kontakpersoon vir hulp met die aanlyn vorm:
Jennifer De Beer                                          (021 808 9444; jad@sun.ac.za)
 
Uitsetjare waarvoor aansoeke ingedien kan word:
n-3 maw vir hierdie rondte sal uitsette wat gelewer is in die periode 2018-2020 in aanmerking kom.
Bly op hoogte van alle navorsingsverwante oproepe en -aankondigings.
  • Klik hier om in te teken op ons e-poslys vir bevondsingsoproepe / werkswinkels ens.
  • Klik hier om in te teken op ons e-poslys vir publieke lesings.
PODSENDING
Die Universiteit Stellenbosch (US) het laasjaar sy eie podsending-kanaal, talks @ stellenboschuni, bekendgestel om 'n platform te bied vir US-navorsers om hul werk buite die tradisionele vorme van akademiese diskoers te bespreek. Luister hier na hul insiggewende gesprekke.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.