NUUS
Drie FGGW navorsers ontvang "Vroue in Wetenskap"-toekenning

Drie FGGW navorsers het onlangs die Universiteit Stellenbosch baie trots gemaak toe hulle elk 'n 2019 L'Oréal-UNESCO-toekenning gekry het vir Vroue in Wetenskap in Afrika suid van die Sahara. Lees meer hier


Voedselwetenskaplike as ontluikende navorser erken

​Voedselwetenskaplike dr Paul Williams is een van 13 internasionale navorsers wat deur SPIE, die internasionale vereniging vir optika en fotonika, in hul 2020 DSC Rising Researchers-groep ingesluit is. Dr Williams is 'n dosent en navorser in die Departement Voedselwetenskap aan die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Agriwetenskappe. Lees meer hier


US-professor ontvang gesogte navorsingstoekenning

Prof Lesley le Grange, uitgelese professor van die Universiteit Stellenbosch (US) se Fakulteit Opvoedkunde, het onlangs die toonaangewende eretoekenning van die Suid-Afrikaanse Onderwysnavorsingsvereniging (SAERA) ontvang. Lees meer hier

US bevestig plek op ranglys vir ontluikende ekonomieë

Die Universiteit Stellenbosch (US) het sy posisie as een van die voorste universiteite in die ontluikende ekonomieë van die wêreld bevestig. Lees meer hier

Leerstoel in Gewasbeskerming by Universiteit Stellensbosch sal studente en reeds gekwalifiseerde landboukundiges help oplei

'n Leerstoel vir Gewasbeskerming is vanjaar aan die Universiteit Stellenbosch (US) gestig danksy R10,5 miljoen se ondersteuning van Villa Crop Protection. Die nuwe inisiatief sal navorsing nastreef wat vrae uit die industrie beantwoord. Studente sal daardeur finansieel ondersteun en opgelei word. Lees meer hier

Prof Peter Hesseling ontvang erkenning vir 'n leeftyd van diens

Prof Peter Hesseling, voormalige professor van die Department Pediatrie en Kindergesondheid by die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), het onlangs die eerste persoon uit Afrika geword wat 'n Lewenslange Prestasie-toekenning van die Internasionale Vereniging van Pediatriese Onkologie (Society of Paediatric Oncology [SIOP]) ontvang het. Lees meer hier  

US wiskundige vir uitstaande navorsing vereer

'n Professor in toegepaste wiskunde in die Fakulteit Natuurwetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US), Prof André Weideman, het die Suid-Afrikaanse Wiskundige Vereniging se 2019 toekenning vir uitstaande navorsing ontvang. Dit gee erkenning aan die belangrike bydrae wat hy tot navorsing op die gebied van wiskunde in Suid-Afrika gelewer het. Lees meer hier

Ochodo ontvang toonaangewende Afrika Navorsingsleierskap-toekenning

​Dr Eleanor Ochodo, 'n seniornavorser en dosent in die Sentrum vir Bewysgebaseerde Gesondheidsorg, is een van vier “opkomende sterre en toekomstige navorsingsleiers" wat 'n wesenlike befondsingstoekenning sal ontvang vir navorsing wat daarop gemik is om prioriteits-gesondheidvraagstukke in Sub-Sahara Afrika aan te spreek. Lees meer hier

BEFONDSINGSGELEENTHEDE
Die Universiteit Stellenbosch Open 4 Research befondsingsportaal vir die identifisering van internasionale navorsingsbefondsingsgeleenthede.

Hoe om die Open 4 Research platform te gebruik:

  • Skakel na https://www.open4research.eu/stellenbosch
  • Registreer eenmalig met u @sun-e-posadres en gebruik enige wagwoord
  • Gebruik die opsies "Soek vir befondsing" en / of "Blaai deur befondsing" vir 'n wye verskeidenheid befondsingsgeleenthede
  • Raadpleeg 'Nuus' of 'Befondsingsnuus' vir sommige van die mees onlangse geleenthede vir navorsingsbefondsing wat deur Open 4 Research uitgelig is.
  • Raadpleeg “Hulp en advies” vir meer inligting oor die soektog
  • Vir navrae, kontak research@sun.ac.za 
PUBLIEKE LESINGS


KENNISGEWINGS
Nuwe personeellid
 
Dr Nicola Barsdorf het op 1 Januarie 2020 as Navorsingsintegriteitsbeampte by die afdeling aangesluit. Dr Barsdorf is die voormalige hoof van gesondheidsnavorsingsetiek in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is die afgelope 18 jaar aktief betrokke by navorsingsetiek en is passievol oor die versterking van navorsingsetiekvermoë in Afrika. Sy dien die afgelope 7 jaar in die Senaat vir Navorsingsetiek van die Universiteit en in albei die komitees vir die Etiek vir Gesondheidsnavorsingsetiek.  
Verklaring oor etiese navorsing en wetenskaplike publikasiepraktyke

Op 31 Julie 2019 het die Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika (AWSA), die Raad vir Hoër Onderwys (RHO), die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO), die Departement van Wetenskap en Tegnologie (DWT), die Nasionale Navorsingstigting (NNS) en Universiteite Suid Afrika (USAf) 'n gesamentlike verklaring oor etiese navorsing en wetenskaplike publikasiepraktyke uitgereik. As USF-lid is die Universiteit Stellenbosch ten volle ondersteunend van hierdie verklaring. Alle navorsers verbonde aan die US, hetsy werknemers, studente of besoekende navorsers, moet hulself vergewis van die inhoud daarvan en hierdie beginsels toepas in hul navorsing. Lees meer hier

Bly op hoogte van wonderlike geleenthede wat aan nagraadse studente aan die US aangebied word. Die Postgraduate Times versamel inligting oor geleenthede vir nagraadse vaardigheidsontwikkeling, bv. werkswinkels wat ontwerp is om nagraadse loopbane te bevorder en belangrike hulpbronne vir die sukses van nagraadse studente.

Om ons Nagraadse brief te besigtig klik hier
Hersiende Standaardbedryfsprosedures van die Navorsingsetiek-komitee: Sosiale, Gedrags- en Opvoedkunde Navorsing
Die Navorsingsetiekkomitee: Mensnavorsing (Humaniora) is as die Navorsingsetiek-komitee: Sosiale, Gedrags- en Opvoedkunde Navorsing (NEK: SGO) herdoop om sodoende die omvang en mandaat van die die komitees beter van die Gesondheidsnavorsings-etiekkomitees te onderskei. 

Die SBP is nou beskikbaar op die Afdeling Navorsingsontwikkeling se webwerf via hierdie skakel: KLIEK HIER. Die dokument is tans slegs in Engels beskikbaar, maar word later vanjaar in Afrikaans vertaal.
Vir meer inligting oor die SBP en die NEK:SGO, kontak die NEK-koördineerder, me Clarissa Graham by cgraham@sun.ac.za of 021 808 9183.

Is jou profiel op die US Kennisgids opgedateer?
 
Die doel van die US Kennisgids is om inligting oor die kundigheid van ons navorsers meer toeganklik te maak deur middel van 'n webkonsole wat op die US se webwerf sal verskyn. Lees meer hier
 
Indiening van Kreatiewe Uitsette vir subsidie-doeleindes

Navorsers het nou die geleentheid om hulle kreatiewe uitsette in te dien by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) vir formele erkenning en subsidie-doeleindes.

Die interne sluitingsdatum vir indien van hierdie uitsette is Maandag, 23 Maart 2020.
Voltooi asb. die aanlyn vorm vir elke indiening hier.

 
Vit meer inligitng, kontak: Esmari Huysamen esmarih@sun.ac.za
ANDER NAVORSINGVERWANTE STEUNDIENS-OMGEWINGS
                                                                                                           


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.