Welkom by die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe
Die Fakulteit Lettere en Sosial Wetenskappe bied 'n dinamiese en interaktiewe leer omgewing aan sy studente, wat fokus veral op die voorbereiding van gegradueerdes vir 'n hele nuwe kennisgebaseerde samelewing en ekonomie. Sy navorsing, leer en onderrig, en gemeenskapsinteraksie is toegespits op die uitdagings van die lewe in 'n vinnig globaliserende wêreld. Dit is ons doel om nie net die gesogte basis vir opleiding in die geesteswetenskappe en spesifiek Kuns, Tale en Sosiale Wetenskappe te wees nie, maar om onderrig en navorsing te lewer wat van toepassing op die streek, land en kontinent is, en ook internasionaal mededingend is.