Volg ons op Facebook
Besoek die ANO webtuiste
YouTube
RSS
NUUS 
US-navorsingsverslag fokus op US se bydrae tot wêreldwye VOD'e

Klimaatsverandering, energie, bewaring, gesondheid en geneeskunde, menseregte, transformasie, geslag, gestremdheid, kunste, demokrasie, opvoeding, groot data, oorsigbestuur en tegnologie. Dit is maar net van die interessante baanbrekersnavorsing wat in die jongste uitgawe van die veelbekroonde publikasie Research at Stellenbosch University verskyn. Lees meer hier

Weens die COVID-19-pandemie sal hierdie uitgawe tans net in elektroniese formaat beskikbaar wees. Klik hier om die virtuele weergawe te lees.
 
Tien US-finaliste ding mee om SA se ‘Wetenskap-Oscars’

Die Universiteit Stellenbosch (US) was die afgelope klompie jare goed verteenwoordig by die jaarlikse Nasionale Wetenskap- en Tegnologieforum (NWTF)/South32-toekennings (of te wel die NSTF/South32 Awards). Vanjaar is geen uitsondering nie met 10 finaliste wat om toekennings sal meeding by Suid-Afrika se “Wetenskap-Oscars". Lees meer hier

Madelein ontvang internasionale toekenning

​Innovus se Direkteur Tegnologie-oordra, Dr Madelein Kleyn, het 'n Dienserkenningstoekenning ontvang vir haar dienste gelewer aan die Licensing Executives Society International (LESI), 'n hulpbron vir die lede van die lisensieberoep wat betrokke is kennisoordrag tussen inywerhede en universiteite of regeringsinstansies. Madelein is die president van LES SA. Lees meer hier

Jong nadoktorale genoot in chemie ontvang gesogte EU navorsingsbeurs

Dr. Upenyu Muza, 'n nadoktorale genoot in die department Chemie en Polimeerwetenskap by die Universiteit Stellenbosch (US), het 'n Marie Sklodowska-Curie Action individual fellowship ontvang om by die Leibniz Instituut vir Polimeernavorsing in Dresden, Duitsland te gaan navorsing doen. Lees meer hier

Navorsingstoekenning help om voedselonsekerheid te verlig

Die Afdeling Menslike Voeding het onlangs ʼn toekenning van R7 miljoen ontvang van die Nasionale Navorsing-stigting (NRF) wat aangewend sal word om verskeie navorsers in die veld van voedselonsekerheid in Suid-Afrika byeen te bring. Lees meer hier

Toekenning sal 'betekenisvolle bydrae' maak tot versorging van mense met beroerte

'n R2.2 miljoen navorsingstoekenning van die Britse Nasionale Instituut vir Gesondheidsnavorsing (NIHR) sal professor Quinette Louw een stap nader bring aan algehele gesondheidsdekking vir mense met beroertes. Lees meer hier

BEFONDSINGSGELEENTHEDE
Die Universiteit Stellenbosch Open 4 Research befondsingsportaal vir die identifisering van internasionale navorsingsbefondsingsgeleenthede.

 Kliek hier vir meer befondsingsgeleenthede


Vir navrae, kontak research@sun.ac.za 
ANDER NAVORSINGVERWANTE STEUNDIENS-OMGEWINGS
                                                                                         
 US Internasionaal *    Nagraadse Kantoor  * Biblioteek en Inligtingsdiens
​ Nasionale Navorsingstigting-beursoproep 2021
Die NNS se oproep is tans oop vir Honneurs en Doktorale aansoeke vir voltydse studie. Aansoekers mag nie voltyds, kontrak of permanente poste beklee tydens die M of D studie.
Bevondsingsgeleenthede

Eerste (keer) doktorale studiebeurse (SARAO-doktorale studie ingesluit)

Honneursbeurs


SARAO Honneursbeurs

 
US Interne sluitingsdatum                     Kontak persoon


Vrydag, 03 Julie 2020                               Rozelle Petersen 
                                                                  
rnp@sun.ac.za


Vrydag, 30 Oktober 2020                         Nugent Lewis 
                                                                 
nugent@sun.ac.za

Maandag, 03 Augustus 2020                   Nugent Lewis 
                                                                 nugent@sun.ac.za
Vir meer inligting, klik hier.

KENNISGEWINGS

Die evaluering van individue is primêr gebaseer op die kwaliteit van hulle mees onlangse navorsingsuitsette. Die evaluering word onderneem deur nasionale en internasionale beoordelaars wat versoek word om die navorsing wat voltooi is gedurende die evaluasieperiode, noukeurig te ondersoek. Klik hier vir meer inligting

 
Is jou profiel op die US Kennisgids opgedateer?

Die doel van die US Kennisgids is om inligting oor die kundigheid van ons navorsers meer toeganklik te maak deur middel van 'n webkonsole wat op die US se webwerf sal verskyn. Lees meer hier
 


Bly op hoogte van alle navorsingsverwante oproepe en -aankondigings.
  • Klik hier om in te teken op ons e-poslys vir bevondsingsoproepe / werkswinkels ens.
  • Klik hier om in te teken op ons e-poslys vir publieke lesings.
PODSENDING
Die Universiteit Stellenbosch (US) het onlangs sy eie podsending-kanaal, talks @ stellenboschuni, bekendgestel om 'n platform te bied vir US-navorsers om hul werk buite die tradisionele vorme van akademiese diskoers te bespreek. Luister hier na hul insiggewende gesprekke.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.