Die uitstekende graadprogramme by die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe sal jou toerusvir ʼn loopbaan in vandag se mededingende mark.
Die Fakulteit bied ook verlengde graadprogramme (VGP) aan ongeveer ʼn tiende van ons voorgraadse studente. Die VGP is gerig op studente met onderrigbenadeelde agtergronde wat potensiaal toon vir universiteitsopleiding.
Die Fakulteit plaas ʼn hoë premie op sy nagraadse navorsing en onderrig. Dit is daarom geen verrassing datongeveer een derde van ons studente jaarliks inskryf vir nagraadse studies in die wye verskeidenheid programme wat ons bied nie.