Kies jou taal: Engels Afrikaans

Meer oor

​​​​​Vir die Universiteit Stellenbosch is Sosiale impak die evalueerbare verandering wat aangebring word:

 

  1. deur wedersyds voordelige assosiasies, samewerkings en vennootskappe tussen die universiteit (personeel, studente en alumni), en eksterne samelewingsvennote in die openbare, private en burgerlike samelewingsfere;

  2. op die grondslag van die universiteit se versweë kennis, vakkundige bedrewenheid en die samelewing se wysheid en ondervinding;

  3. deur innoverende voortreflike praktyke wat die aktiewe, verantwoordelike en kritiese burgerskap van studente en personeel prioritiseer.

 

Sosiale Impak kan voorkom as:

 

  1. Vasgelegde Sosiale Impak verwys na die integrering van SI by die noodsaaklike dimensies van al die akademiese en kokurrikulêre praktyke van die US deur die begrip verbonde akademieskap en verbonde burgerskap. 

  2. Spesifieke Sosiale Impak suggereer dat daar, benewens die vasgelegde SI-praktyk, spesifieke gekoördineerde, interdissiplinêre en interfakulteits-SI-inisiatiewe onderneem word om spesifieke samelewingsuitdagings gesamentlik, doelbewus en beslissend te hanteer.

  3. Sistemiese impak is gerig op bewysgebaseerde veranderinge in 'n samelewingsfeer wat tot groter en sterker doeltreffendheid in die stelsel van daardie sfeer lei.

Kyk na die Sosiale Impak Strategiese Plan​
 

Sosiale Impak vs Gemeenskapsinsteraksie

Die belangrikste onderskeid tussen Gemeenskapsinteraksie en Sosiale Impak is die breër en dieper fokus van Sosiale Impak.

Sosiale impak is:

  1. Breër in vennootskappe en tipes interaksies;

  2. Dieper in dat dit gaan verder as uitkomste tot impak; en

  3. Voorsien spesifieke ontwikkelingsraamwerke om relevansie te verhoog