Staffnet
Welkom by Universiteit Stellenbosch

GEREEDSKAPSKIS: Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019–2024


Visie 2040 en die Strategiese Raamwerk 2019–2024 gee uiting aan die posisionering van die Universiteit Stellenbosch (US) as Afrika se voorste navorsingsintensiewe universiteit, met ’n globale reikwydte. Die oogmerk van hierdie strategiese raamwerk is om die US se toekomstige posisionering te lei, sy strategie te rig en te illustreer waar en hoe hy geposisioneer is.

Hoe om hierdie gereedskapskis te gebruik

Die gereedskapskis bevat aflaaibare elemente wat op verskillende toestelle gebruik kan word, asook die opsie om professioneel gedrukte en gebinde weergawes van sommige van die items te bestel. Daarbenewens is verskeie institusionele skryfbehoefte-items ontwerp. Let asseblief op dat nie alle aflaaibare lêers redigeerbaar is nie en dit moet gebruik word soos dit is. AFRICAN SUN MeDIA kan gekontak word vir die gedrukte en gebinde weergawes van die dokumente en vir skryfbehoeftes, op eie koste.

Toolkit_Download_Icon.pngWaar jy hierdie simbool sien, kan die gepaardgaande ontwerp afgelaai word.

Toolkit_Print_Icon.png Waar jy hierdie simbool sien, kan die item op bestelling deur AFRICAN SUN MeDIA gedruk word.

Inligtingsdokumente en hulpmiddels

Universiteit Stellenbosch se institusionele skryfbehoeftes

Navrae

Vir enige navrae of bykomende vereistes rondom die Visie 2040 en Strategiese Raamwerk 2019-2024 gereedskapskis, tree asseblief in verbinding met:
Carin Erasmus
Strategiese Inisiatiewe
E-pos: ccerasmus@sun.ac.za
Tel: +27 21 808 9740