Staffnet
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​Basiese waardes in aksie-werkswinkel


Fokus

Om te sê wat ons waardes is, is eenvoudig, maar om dit in ons daaglikse aktiwiteite in aksies te omskep, kan soms meer ingewikkeld wees. Die waardes in aksie (WiA)-werkswinkels stel deelnemers in staat om ’n algemene begrip te kry van die soort universiteitsgemeenskap wat ons graag wil wees, en om vaardighede te bemeester om uitdagende waardebotsings op te los. Hierdie werkswinkels is insiggewend, ervaringsgerig en prakties.  

Temas

’n WiA-werkswinkel dek die volgende vier temas:

  • Waardes: Wat beteken dit en waarom maak dit saak?
  • Waardebotsings: Wat weerhou ons daarvan om dit te hanteer?
  • Waardebotsings: Wat kan ons doen om dit op te los?
  • Waardesintegrasie: Hoe maak ons dit deel van hoe ons optree en aansluiting vind?

Wie kan bywoon?

  • Toegewyde werkswinkels: Spesifieke eenhede en/of spanne kan ’n toegewyde WiA-werkswinkel vir hulle eenheid/span aanvra, bv. dekane en hul akademiese en operasionele leierskapsgroep, PASD-leiers en hul bestuurspanne.
  • Oop werkswinkels: Individue en ad hoc-groepe regoor die Universiteit sal dit moontlik ideaal vind om die oop werkswinkels by te woon.

Voordele

  • Deelnemers sal vaardighede aanleer in hoe om uiting aan hul waardes te gee en hoe om waardebotsings te hanteer.
  • Ander vaardighede behels die ontwikkeling van proaktiewe waardegedrewe prosesse vir belangrike take en die integrasie van waardes in allerhande interpersoonlike interaksies soos gesprekvoering, vergaderings en transaksies.

Formaat

Die program word gewoonlik op die terrein aangebied as ’n heeldaagse werkswinkel bestaande uit vier werksessies. Spesiale behoeftes sal in ag geneem word vir groepe wat graag verskillende weergawes van die program wil hê.

Gegewe die persoonlike en interpersoonlike aard van die leerervaring, moet verkieslik nie meer as 20 mense bywoon nie.

Koste

  • Kontak ons asseblief om die opsies te bespreek.

Kontak