pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​DepartE​ment VEEKUNDIGE WETENSKAPPE

Veekundige Wetenskappe se navorsing handel hoofsaaklik oor basiese en gevorderde aspekte van toegepaste dierevoeding, diereteelt, voortplantingsfisiologie, en die bestuur van mak plaasdiere, wilde spesies én waterspesies om te verseker dat dié spesies produkte van gehalte lewer. Navorsing word onderneem met herkouers (soos melkbeeste, vleisbeeste, skape en bokke), monogastriese diere (soos pluimvee, varke, volstruise en waterdiere) en sekere wilde spesies. Die klem val op die verbetering van die produksiedoeltreffendheid van plaasdiere deur tegnologieë uit bogenoemde fokusgebiede te gebruik en navorsing oor die gehalte van die onderskeie diereprodukte te onderneem. Verdere navorsing hou verband met vee en ontwikkeling in kleinhoewe- en gemeenskaplike boerderygebiede. 

Studente wat in ’n magistergraad belang stel, kan vir die MSc (Agric) in Veekunde registreer en in dierevoeding, diereteelt, dierefisiologie of diereprodukwetenskappe spesialiseer. 

Voornemende nagraadse studente met ’n relevante drie jaar lange BSc- of B-graad kan om die Nagraadse Diploma in Akwakultuur aansoek doen​.​

NAGRAADSE KWALIFIKASIES

 NAGRAADSE​ DIPLOMAS​  MAGISTERGRADE  DOKTORALE​​GRADE
Aansoekproses